Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VSA-belegger wil WP-klubs bystaan
Marco V. Masotti skud blad met Barack Obama, oudpresident van Amerika. Foto: Verskaf

Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se klubs sal elkeen ’n kontantbetaling van R25 000 ontvang indien ’n transaksie met die Amerikaanse konsortium MVM Holdings vir ’n beherende belang in die unie se sakevleuel deurgevoer word.

Marco V. Masotti, die oud-Suid-Afrikaner aan die spits van MVM, het gister bevestig dat dié aanbod vir sowat drie weke al op die tafel is. “Dis gebiedend noodsaaklik gegrond op wat op voetsoolvlak gebeur en waarskynlik die situasie ná Covid-19 gaan wees,” sê hy.

MVM wil ook maandelikse betalings van R1 500 aan die WP se klubs maak.Die WPRU het reeds die kernbepalings van ’n ooreenkoms met MVM onderteken, maar oënskynlik koue voete gekry. Gerugte het selfs die rondte begin doen dat die Amerikaners geldskieters is. Masotti sê hy is ten gunste daarvan dat die kernbepalings  bekend gemaak word.

“Ek wil graag hê dinge moet ten volle deursigtig wees. Dit sal aan die rugbygemeenskap, spelers en die publiek die volle prentjie gee,” sê hy.Dit staan die WPRU boonop vry om met enige ander potensiële belegger te onderhandel en Masotti gaan nie hul hande met ’n eksklusiwiteitsooreenkoms vasbind nie.

Trouens, hy was Vrydag verbaas om te hoor dat daar uit WP-geledere gepraat word van die “eksklusiwiteitsooreenkoms”. Hy het die WPRU reeds “twee weke gelede” daarvan vrygestel.Ebrahim Rasool, voorsitter van die sakevleuel se direksie, het Woensdag nog gesê hy sal eers met senior spelers vergader om die kernbepalings van die ooreenkoms aan hulle te skets wanneer die eksklusiwiteits- en vertroulikheidsooreenkomste verval het. 

“Die enigste rede waarom ek ’n eksklusiwiteitsooreenkoms wou hê, was sodat hulle verbind is aan my en die indruk wek dat daar ’n moontlikheid is dat ons die ooreenkoms kan aangaan,” sê Masotti.

“Ek het gesê dat, indien daar ’n beter opsie is, moet hulle dit gaan vind. As hulle ’n swakker een vind en dit om welke rede ook al aanvaar, is dit nie ’n goeie ding nie.”MVM is bereid om $6 miljoen in die WP te belê vir ’n belang van 51% in die sakevleuel, waar hy die direksie wil beheer.

Volgens Rasool is die WP nie desperaat nie en sal hy graag wil sien of daar ook ander opsies tot sy beskikking is.Of daar onder die heersende ekonomiese toestande konkrete belangstelling sal wees om by ’n sukkelende maatskappy in te koop, sal gesien moet word.


Meer oor:  Marco V. Masotti  |  Westelike Provinsie  |  Wpru  |  Altus Momberg  |  Nuweland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.