Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vunipola gaan Saracens nie rug toekeer

Saracens se relegasie uit die Engelse Premierliga gaan die voorryman Mako Vunipola nie keer om sy kontrak met dié rugbyklub te verleng nie.

Dié span is tans die huidige Premierliga-kampioen, maar is outomaties gerelegeer nadat hy vroeër vanjaar daaraan skuldig bevind is dat hy die salarisperk-reëls met betrekking tot spelers oortree het.

Mako Vunipola in aksie vir Engeland tydens 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

“Ek het geen twyfel dat die klub (ná volgende seisoen) terug in die Premierliga sal wees nie, en dit is een van die redes hoekom die besluit maklik was,” sê Vunipola, ’n Nieu-Seelander van geboorte, wat die Engelse al in meer as 50 toetse verteenwoordig het.

“Dit was nie te moeilik vir my nie, aangesien ek bewus is van die spelers wat ons het en hoe sterk die klub is. Ek twyfel nie daaraan dat ons hierdie uitdaging soos alle ander in die verlede te bowe sal kom nie.”

Vunipola se besluit is makliker gemaak aangesien sy broer, Billy, ook sy verbintenis met die klub verleng het. Albei se kontrakte strek tot in 2022.

Hul jonger neef Manu het verlede week ’n nuwe kontrak met Saracens onderteken, wat hom tot minstens 2023 op die klub se boeke sal hou.

“Die Vunipola-familie is ’n belangrike deel van Saracens,” sê dié klub se direkteur van rugby, Mark McCall.

“Mako is ’n gerespekteerde deel van die span en is iemand wat regtig vir sy spanmaats omgee. Ons is bly dat hy hom tot die klub verbind het.” – Reuters

Meer oor:  Mako Vunipola  |  Saracens  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.