Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vunipola uitgejou oor Folau

Dit was vir Billy Vunipola, wat die afgelope week die omstrede Israel Folau ondersteun het, “nogal vreesaanjaend” om Saterdag deur ’n toeskouer gekonfronteer te word.

Billy Vunipola tydens Saterdag se wedstryd in Coventry. Foto: Getty Images

Die 26-jarige Vunipola is in Saterdag se halfeindronde van die Europese Kampioenebeker-kompetisie tussen sy klubrugbyspan, Saracens, en Munster in Coventry regdeur die wedstryd deur toeskouers uitgejou én boonop deur ’n toeskouer voor stok gekry, berig die BBC.

Dit kom nadat Vunipola die afgelope week Folau se uitsprake oor onder andere “dronkaards, homoseksuele, egbrekers, leuenaars, hoereerders, skelms, ateïste en dienaars van afgode” op sosiale media ondersteun het.

Ten spyte van die “warm” ontvangs wat Vunipola, ’n Australiër van geboorte, gekry het, het hy hom nie van stryk laat bring nie. Hy het ’n drie gedruk en is met die toekenning as Speler van die Wedstryd bekroon in sy span se sege van 32-16.

“Mense sê ek het my kop in ’n byenes gesteek, so ek moet met die gevolge saamleef,” het Vunipola aan BBC Radio 5 gesê.

Mense sê ek het my kop in ’n byenes gesteek, so ek moet met die gevolge saamleef.
Billy Vunipola

“Dit het my gemotiveer dat mense my uitgejou het. Ek wou aan my spanmaats wys dat ek nie bedoel het om hul aandag af te lei nie.”

Die ondersteuner wat Vunipola voor stok gekry het, is deur beamptes weggelei.

Vunipola, wat die afgelope week deur Saracens op die vingers getik is vir sy steun aan Folau, het ná Saterdag toegegee dat hy straks onsensitief was deur Folau se uitlatings te ondersteun.

“Ek was waarskynlik onsensitief, maar dit is ook iets waarin ek baie sterk glo. Ek sal waarskynlik in die toekoms nie so eerlik wees oor dinge wat ek weet baie mense seermaak nie. Dié weet ek nou.

“My geloof is wat my gekry het waar ek is, en dit is iets waarby ek gaan staan. Dit is ongelooflik om vriende te hê wat by my staan, of hulle met my saamstem of nie,” het Vunipola gesê. – BBC, Sportredaksie

Meer oor:  Munster  |  Saracens  |  Billy Vunipola  |  Gay  |  Israel Folau  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.