Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wainui vou Waratahs met vyfkuns

Die Chiefs-vleuel Sean Wainui het Saterdag so te sê eiehandig die Waratahs se doppie geklink, in dié spanne se kragmeting in die Trans-Tasmaanse Superrugby-reeks.

Vyf drieë deur dié spoedvraat, waarvan twee in die eerste helfte en ’n driekuns ná die omdraaislag, het die Nieu-Seelanders tot ’n oorwinning met 40-7 oor die Australiërs gehelp.

Die Chiefs se vierkuns-held Sean Wainui probeer die bal uitgee in hul kragmeting met die Waratahs. Foto: Getty Images

Wainui sal dié wedstryd nog baie lank onthou.

Die aksie was maar net ’n paar minute aan die gang toe hy die eerste keer agter die doellyn gaan kuier het. Die Chiefs het ’n aanskoulike agterlynbeweging geloods, waartydens die bal deur die hande versprei is voordat die heelagter Kaleb Trask vir Wainui weggestuur het langs die kantlyn af.

Wainui het sy tweede drie in dié 16de minuut afgerond ná die bal van ’n oorheersende skrum af links versprei is en hy manalleen die verdediging geklop het.

’n Geelkaart aan Lachlan Boshier nadat die flank ’n rolmaalbeweging afgetrek het, het die Waratahs darem lig in die tonnel gegee. Hulle het die meeste daarvan gemaak toe Mark Nawaqinatawase sy span se eerste drie van die wedstryd gedruk het nadat hy ’n kruis-veldskop deur Will Harrison uit die lug gepluk en neergedruk het.

Wainui het homself egter vroeg in die tweede helfte weer onder die driedrukkers bevind toe hy sy driekuns behaal het.

En hy was nog nie klaar nie. Drie nr. 4 het gevolg ná die losskakel Bryn Gatland hom van besit voorsien het, en nr. 5 is gedruk van die laaste beweging in die wedstryd.

Vir die Waratahs was die uitslag een waaraan hulle nou reeds gewoond is. Hulle kon nog geen oorwinnings in enige reeks in 2021 behaal nie. – Sportredaksie

Puntemakers:

Chiefs 40 (14): Drieë: Sean Wainui (5), Tom Florence. Doelskoppe: Bryn Gatland (5).

Waratahs 7 (7): Drie: Mark Nawaqinatawase. Doelskop: Will Harrison.

Meer oor:  Trans-Tasmaanse Superreeks  |  Waratahs  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.