Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallabies besluit om nie te kniel

Die Wallabies sal nie kniel ter ondersteuning van die Black Lives Matter (BLM)-beweging voor die aanvang van hul kragmeting later vandeesmaand teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap nie.

Drie spelers van die Spaanse sokkerklub Sevilla kniel onlangs ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging voor die aanvang van ’n wedstryd. Foto: Getty Images

So het Dave Rennie, afrigter van die Australiërs, Vrydag aan die media gesê. Sy span sal vir die wedstryd op 31 Oktober in Sydney nuwe inheems-geïnspireerde First Nations-truie dra ter ondersteuning van dié land se inheemse bevolking.

Hoewel die heelagter Dane Haylett-Petty vroeër die week gesê het dat dit goed sal wees as die Aussies die knie buig, het Rennie dit benadruk dat daar teen die voorstel gestem is.

“Ons sal nie,” het Rennie op die vraag geantwoord of die span sal kniel.

“Die belangrike ding is dat hierdie (wedstryd) is om die inheemse mense te vereer en ons wil hê dat die fokus daarop is. Almal het hul eie menings rondom die situasie (van die BLM), maar ons wil daarop fokus om op ons geskiedenis en ons verlede te reflekteer.

“Ons fokus is op die mense van die First Nations en die inheemse-trui, ons wil nie ’n politieke punt maak nie.”

Dave Rennie, afrigter van die Wallabies. Foto: Getty Images

Haylett-Petty se opmerkings het ’n vurige debat ontketen, met Nick Farr-Jones wat die Wallabies na Wêreldbeker-glorie in 1991 gelei het, wat gemaan het dat dit verdelend kan wees omdat die Aussies nie kwessies met betrekking tot rassediskriminasie het nie.

Maar Gary Ella, wat saam met sy broers, Mark en Glen, in die 1980’s vir die Wallabies gespeel het en baanbrekers vir inheemse mense in Australiese rugby was, het na Farr-Jones se opmerkings as “simpel geselsies” verwys, lui die Sydney Morning Herald.

Rennie sê die afrigters het die kwessie Donderdag met die leierskapgroep van die span bespreek toe hulle saamgetrek het om vir die wedstryd teen die All Blacks voor te berei. Die leierskorps is toe na die span wat eenparig besluit het om nie die knie te buig nie.

Rob Clarke, Rugby Australië se tussentydse uitvoerende hoof, het in ’n verklaring gesê dat die beheerliggaam alle vorme van rassisme of diskriminasie veroordeel en besef “dat ons steeds op die pad na versoening is”. – Reuters

Meer oor:  Dave Rennie  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Blm-Veldtog  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.