Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallabies pak All Blacks in Perth

Australië en Nieu-Seeland sal mekaar vir die eerste keer in die geskiedenis in Perth pak wanneer hulle in 2019 in die splinternuwe Burswood-stadion kragte meet.

Die All Blacks en die Wallabies sal mekaar volgende jaar vir die eerste keer in die geskiedenis in Perth pak. Foto: Getty Images

Die toets op 10 Augustus vorm deel van ’n rugbyfees en die twee lande se vrouespanne, die Wallaroos en Black Ferns, sal ook in aksie wees.

Perth het al in die verlede internasionale rugby aangebied, maar het nog nooit vir die All Blacks gasheer gespeel nie.

Australië bied gewoonlik die lonende toets aan hul ooskus aan.

Die Burswood-stadion, met 60 000 sitplekke, het egter genoeg kapasiteit om met Melbourne, Sydney en Brisbane se megastadions mee te ding.

“Ek weet baie ondersteuners sal van regoor Australië en vanuit Nieu-Seeland wil reis vir hierdie geskiedkundige gebeurtenis en om alles te ervaar wat Wes-Australië het om te bied,” sê Raelene Castle, Rugby Australië se uitvoerende hoof.

Die Wallabies en die All Blacks speel vanjaar se derde toets om die Bledisloebeker volgende week in Tokio, Japan, met die Nieu-Seelanders wat die reeks reeds met 2-0 beklink het.

Die All Blacks is al sedert 2003 die houers van die Bledisloebeker.

– Reuters

Meer oor:  Toetsrugby  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Bledisloebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.