Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oz wil nie voorspelbaar wees by WB

Die Wallabies gaan vanjaar in die Wêreldbekertoernooi probeer om die pas met ’n meer tradisionele styl van Australiese rugby aan te gee, sê hul breier, Michael Cheika.

Die Wallabies het in 2015 se toernooi in die eindstryd teen die All Blacks verloor en het sedertdien lelik agteruitgeboer.

Cheika glo daarin om “iets anders” te doen en die 52-jarige afrigter is vol vertroue dat sy span homself goed sal laat geld.

“Ek wil hê ons moet die pas aangee en nie net reageer op wat om ons aan die gebeur is nie,” sê hy.

Michael Cheika, Australië se afrigter, kan as ’n ware rugbyfilosoof beskou word. Foto: Getty Images

“Ons het ’n bietjie van ons ou manier van speel teruggebring. ’n Bietjie minder voorspelbaar en miskien is ek naïef, maar ek en die spelers het vanjaar sover baie geniet.”

Hoewel Cheika sê dit was vir hom “ ’n eer om die Wallabies die laaste vier jaar af te rig, kan ’n mens hom vergewe as hy nie elke oomblik daarvan geniet het nie.

Hy het in 2014 die Wallabies se hoofafrigter geword nadat Ewen McKenzie skielik bedank het.

’n Rapsie meer as ’n jaar later het hy die Wallabies na ’n derde WB-eindstryd gelei.

Voor dít het Cheika die reputasie gehad dat hy weet hoe om sukkelende spanne reg te ruk.

Daar is niks verkeerd daarmee om verkeerd te wees nie, solank jy die fout kan identifiseer, regstel en dan ’n verandering maak.
Michael Cheika

Hy het Leinster gehelp om die Europese kroon te wen en was aan die spits toe die Waratahs die Superrugby-titel verower het.

Die laaste vier jaar was egter ’n groot uitdaging waarin hy nuwe lewe in die Wallabies probeer blaas het.

Cheika het besluit om van die ouer manne te pos en jong, talentvolle spelers speelkans te gee.

In die proses het hy heelwat wedstryde verloor en hy gee toe dat hy soms gewonder het of hy besig was om die regte ding te doen.

“En party dinge het ek sekerlik verkeerd gedoen, nie noodwendig met die spelers nie, maar met die strategie,” sê hy.

“Maar daar is niks verkeerd daarmee om verkeerd te wees nie, solank jy die fout kan identifiseer, regstel en dan ’n verandering maak.” – Reuters

Meer oor:  Wallabies  |  Australië  |  Wêreldbekerrugby  |  Michael Cheika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.