Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallabies wil nou meer en slimmer skop
Scott Wisemantel, die Wallabies se nuwe aanvalsafrigter. Foto: Getty Images

Die Wallabies fokus meer daarop om te skop onder Scott Wisemantel, hulle nuwe aanvalsafrigter, maar sal nie ’n “spoeg-en-plak”-weergawe van Engeland word nie, sê die Australiese losskakel Matt Toomua.

Wisemantel het Eddie Jones se Rose in 2019 gehelp om die Wêreldbeker-eindstryd in Japan te haal, waarna hy by die Wallabies aangesluit het.

Toomua sê Wisemantel se invloed speel ’n groot rol in die Aussie-groep in die opbou tot Sondag se eerste toets om die Bledisloebeker teen die All Blacks in Wellington.

“Daar is beslis ’n groter fokus in dié afdeling. Jy kyk na ons aanvalsafrigter, wat baie tyd in Engeland deurgebring het.

Hy is baie bewus van wat ’n doeltreffende skopbenadering behels, maar ons moet ook by ons sterkpunte hou.
Matt Toomua

“Hy is baie bewus van wat ’n doeltreffende skopbenadering behels, maar ons moet ook by ons sterkpunte hou.

“Ons kan nie net ’n ander span (Engeland) naboots nie,” meen Toomua.

Michael Cheika, die vorige Wallaby-afrigter, het die span se taktiese skopwerk grotendeels agterweë gelaat en het by die Wêreldbeker-toernooi verkondig hy sal liewer verloor as “skop en verdedig” om te wen.

Australië het in die kwarteindronde met 16-40 teen Engeland verloor – dié land se swakste vertoning nóg in die toernooi.

Die Wallabies, wat nou deur die Kiwi Dave Rennie afgerig word, kon die All Blacks nie in Nieu-Seeland klop sedert 2001 nie, maar het verlede jaar ’n oortuigende sege van 47-26 in Perth behaal.

Die All Black-haker Dane Coles oefen vandeesweek in die gimnasium saam met sy spanmaats Foto: Getty Images

Toomua sê Engeland het in die Wêreldbeker-toernooi gewys die All Blacks kan met slim skopwerk en druk in die vaste fasette tot oorgawe gedwing word toe hulle die Nieu-Seelanders in die halfeindronde verras het.

• Die gesoute All Black-haker Dane Coles is intussen gereed om oorweeg te word vir die toets, terwyl die senter Ngani Laumape ook by die groep in Wellington aangesluit het.

Daar was twyfel oor Coles se beskikbaarheid nadat hy die afgelope ruk met ’n kuitbesering gesukkel het, maar Ian Foster, die All Black-afrigter, sê die 33-jarige haker is skerp en fiks.

“Alles lyk goed en hy behoort hierdie week voluit saam met ons te kan oefen,” het Foster bevestig.

Laumape is ontbied as ’n plaasvervanger vir Braydon Ennor, maar sal nie in die All Blacks se 23-tal ingesluit word nie.

Dié sterk stormram van die Hurricanes het sy arm in die Nieu-Seelandse Aotearoa-reeks gebreek en sal eers later oorweeg kan word.

“Hy is nog nie 100% nie. Hy vorder goed, maar dit was ’n gebreekte arm, so hy moet eers ’n spesialis gaan sien voordat ons presies weet wanneer hy kan speel,” sê Foster. – Reuters

Meer oor:  Matt Toomua  |  Australie  |  Nieu-Seeland  |  Afrigter  |  Rugby  |  Wallabies  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.