Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallabies wil spiere bult in rugbyliga

Die Wallabies se direkteur van rugby, Scott Johnson, sê die span se Julie-toets teen Fidji in Townsville “moet ’n duidelike boodskap stuur”.

Rugby Australië (RA) het Vrydag aangekondig dat die Wallabies in Julie in Townsville teen Fidji sal speel. Van links is: David Campese, voormalige vleuel van die Wallabies, Scott Johnson, RA se direkteur van rugby, en Kiri Lingman, ’n lid van Australië se vroue-rugbyspan. Foto: Getty Images

“Ons wil hê ons vriende van die ander (sport)kodes moet van ons weet. Ons moet dit aan die groot klok hang hoe goed ons sport is,” berig rugbypass.com.

Johnson en die voormalige Wallaby-legende David Campese was Vrydag in Townsville, die tuiste van die National Rugby League (NRL) se Queensland Cowboys, om dié toets te bemark. Die Wallabies het nog nooit ’n toets daar gespeel nie.

Die laaste keer wat daar toetsrugby in Noord-Queensland gespeel is, het Fidji en Japan in 2003 se Wêreldbeker-toernooi kragte gemeet.

“Dit is ’n jammerte dat ons nie in ons speeldae die kans gekry het om deur die hele land te speel nie.

“Dit gaan daaroor om die spel te geniet en om vir die kinders te vertel dat rugby ’n sport is wat jou om die wêreld kan neem,” het Campese gesê.

Rugby Australië het intussen besluit op ’n omvattende rugbypakket vir die volgende vyf jaar se uitsaairegte-kringloop.

Vir die eerste keer bied dié kode ’n pakket wat inhoud en kompetisies van klubrugby tot by die Wallabies en die Wallaroos (Australië se nasionale vrouespan) bied.

Dit is bo en behalwe Sanzaar se aanbod, wat Superrugby en die Rugbykampioenskap insluit.

Raelene Castle, RA se uitvoerende hoof, het gesê hulle het maande lank aan die strategie geskaaf.

“Ons het ons kompetisies belyn, wat ons in ’n posisie plaas om met ’n pakket, wat alle vlakke van ons spel insluit, die mark te betree.

“Daarmee hoop ons om die spel se gewildheid aan te wakker en ’n groter ondersteunersbasis te skep,” het Castle in ’n verklaring gesê. – rugbypass.com

Meer oor:  Townsville  |  Nrl  |  Fidji  |  National Rugby League  |  Toetsrugby  |  Wallabies  |  Rugbyliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.