Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallaby Folau wil Olimpiese Spele toe

Die Wallaby-heelagter Israel Folau het Donderdag onthul hy is gretig om sewesrugby te speel by volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio.

Die Wallaby-ster Israel Folau wil aan die Spele in Tokio deelneem. Foto: Getty Images

SuperSport berig Folau glo deelname aan ’n Spele sal “iets spesiaals” wees.

Folau het sy loopbaan in rugbyliga begin en daarna Australiese voetbal (Aussie Rules) gespeel, voordat hy ’n suksesvolle oorgang na die 15-man-kode gemaak het.

Folau (29) sê die kans om ’n Olimpiër te word gebeur een keer in ’n mens se leeftyd.

“As ek daardie geleentheid kan aangryp, is ek seker dit is iets wat ek vir die res van my lewe sal koester,” sê hy.

“Daar is geen twyfel nie, die ondervinding sou onwerklik wees. Ek sal vir seker die dit aangryp indien daardie geleentheid hom voordoen.”

Folau, wat verlede maand ’n kontrak van vier jaar onderteken het wat hom tot aan die einde van 2022 by die Wallabies en NSW Waratahs hou, sê hy het nog nie die idee met sy base by Rugby Australië bespreek nie.

Sewesrugby het sy buiging by die Spele in Rio in 2016 gemaak toe die Aussies die kwarteindronde gehaal en Fidji die goue medalje verower het.

Folau sal aan Wêreldrugby se sewesreeks moet deelneem om deeglik vir die Spele voor te berei. Gevolglik sal hy die meeste van die Wallabies se toetse volgende jaar misloop, asook die hele 2020 Superrugbyreeks saam met die Waratahs.

Die All Black-ster Sonny Bill Williams het in die Spele verskyn, maar kon nooit sy voete behoorlik in sewes vind nie en is boonop vroeg by die skouspel in Rio ernstig beseer.

– Sportredaksie

Meer oor:  Sewesrugby  |  Olimpiese Spele  |  Toetsrugby  |  Israel Folau  |  Wallabies  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.