Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallaby gepos ná klag van dronkbestuur

Die Waratahs het Rugby Australië (RA) se voorbeeld gevolg en die Wallaby-haker Tolu Latu vir eers gepos.

Tolu Latu het verlede week glo onder die invloed van drank bestuur voor die Waratahs se wedstryd teen die Reds. Foto: Getty Images

Dit kom nadat Latu verlede week besope en aan die slaap in sy motor in die oostelike deel van Sydney deur polisie gekry en van dronkbestuur aangekla is.

Die Waratahs het ná ’n vergadering met RA se integriteitseenheid besluit om Latu tot ná sy hofverskyning op 6 Junie vir eers weg te laat.

RA het reeds Sondag besluit dat Latu nie meer welkom is by ’n oefenkamp vir uitverkore spelers nie, wat met die oog op die komende Wêreldbekertoernooi in Brisbane gehou word.

Andrew Hore, die Waratahs se uitvoerende hoof, sê die franchise is “erg” teleurgesteld in die 26-jarige Latu se optrede, maar hy het bygevoeg dat hulle hom sal ondersteun.

“Tolu se optrede voldoen nie aan die standaarde wat ons vir die spelers, afrigters en beamptes op en van die veld af stel nie,” sê Hore.

“Hy is spyt oor sy optrede en het volle verantwoordelikheid daarvoor aanvaar en die Waratahs sal hom die nodige ondersteuning bied en opvoed oor die gevare van drankmisbruik.”

Andrew Hore, die Waratahs se uitvoerende hoof, sê die franchise sal Tolu Latu opvoed oor die gevare van drankmisbruik. Foto: Getty Images

Latu het Saterdag as plaasvervanger vir die Waratahs teen die Reds gespeel.

Dit was enkele ure nadat die storie in die plaaslike media uitgelek het.

Latu het nie sy span van die klag dat hy onder die invloed van alkohol bestuur het, ingelig nie.

Hy sê nou hy besef dat hy vroeër met sy afrigter, Daryl Gibson, daaroor moes gepraat het.

Hy het sy spanmaats en die rugbygemeenskap om verskoning gevra.

“Ek is teleurgesteld in my optrede, want ek besef die erns van die situasie,” sê hy.

Latu, wat in Tonga gebore is, het reeds in 12 toetse vir die Wallabies gespeel.

Hy het maar onlangs weer begin speel nadat hy ses weke vir roekelose spel geskors is.

Die Waratahs is reeds sonder die heelagter Israel Folau, wie se kontrak Vrydag beëindig is omdat hy op sosiale media onder meer gesê het gay mense gaan hel toe.

– Reuters

Meer oor:  Tolu Latu  |  Dronkbestuur  |  Wallabies  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.