Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallaby in dronkbestuur-ongeluk

Die Australiese haker Tolu Latu, wat in 2019 weens ’n dronkbestuurvoorval deur die Waratahs geskors is, herhaal skynbaar dieselfde foute by sy nuwe span, Stade Francais.

Die Wallaby-haker Tolu Latu het skynbaar ’n alkoholprobleem. Foto: Getty Images

Dié Franse klub sê in ’n verklaring Latu “was Sondag in ’n motorongeluk en het materiële skade veroorsaak”.

Latu (28) het volgens die Franse nuusbronne RTL en L’Équipe alkohol gebruik, agter die stuurwiel van sy motor aan die slaap geraak en na bewering teen verskeie geparkeerde voertuie gebots.

Hy is na die hospitaal geneem vir behandeling en later deur die polisie van dronkbestuur aangekla.

Stade Francais sê dit is noodsaaklik om met die speler te vergader voordat enige verdere stappe gedoen word.

Latu, wat in Tonga gebore is, het 15 toetse vir die Wallabies gespeel en het hom ná afloop van die Wêreldbekertoernooi in 2019 by die Top14-klub aangesluit.

Die Waratahs het hom destyds geskors nadat die polisie ’n besope Latu aan die slaap agter die stuurwiel by ’n verkeerslig in Sydney gevind het. Latu het versuim om die span of sy destydse afrigter Daryl Gibson van die voorval in te lig.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tolu Latu  |  Dronkbestuur  |  Top14  |  Toetsrugby  |  Wallabies  |  Stade Francais  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.