Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallaby-jonges optimisties oor Rennie-era
Irae Simone, die Brumbies-senter wat hier spog met die Superrugby AU se wennerstrofeë, meen die Wallabies kan weer hul gloriedae laat herleef onder Rennie. Foto: Getty Images

Dave Rennie, afrigter van Australië se rugbyspan, het Dinsdag vir die eerste keer die sweep op die oefenveld geklap en ’n handvol jong spelers onder die indruk gelaat dat ’n blink nuwe era op die Wallabies wag.

Dié Nieu-Seelander is reeds in November verlede jaar aangestel, maar ’n kombinasie van die feit dat hy nog sy werk by die Glasgow Warriors moes afhandel en die Covid-19-pandemie het om beperk tot afrigtingsessies met klein groepies en gesprekke aanlyn op Zoom.

Harry Wilson, een van die 16 groentjies in die groep van 44 wat verlede week aangekondig is, sê Rennie het sy vinger op die pols gehad op die kamp in Hunter Valley.

Harry Wilson, agtsteman van die Reds, glo hy gaan nog baie onder Dave Rennie leer. Foto: Getty Images

“Ek het hom tot dusver baie geniet. Hy is baie positief,” sê die 20-jarige agtsteman van die Reds, wat as die beste speler in die Superrugby AU-kompetisie aangewys is.

“Hy het die belangrikheid van akkuraatheid beklemtoon in alles wat ons doen. Ek is opgewonde om by hom te leer.”

Rennie se eerste groot toets is een van die moeilikstes denkbaar – Bledisloebeker-wedstryde teen die All Blacks in Nieu-Seeland op 11 en 18 Oktober.

Vir Irae Simone, ’n senter van die Brumbies, sal dit soos ’n tuiskoms voel. Hy het op hoërskool in Auckland die middelveld saam met Nieu-Seeland se Jack Goodhue beman.

Simone sê hy is baie beïndruk deur die speelstyl wat Rennie wil vestig.

“Dis vinnige rugby en boonop fisiek,” het dié 25-jarige in ’n Zoom-nuuskonferensie aan joernaliste gesê.

Dave Rennie, die Wallabies se afrigter, het ’n positiewe indruk op sy spelers gelaat nadat hy uiteindelik Dinsdag die sweep op die oefenveld kon klap. Foto: Getty Images

Australië, wat tans die sewende plek op Wêreldrugby se ranglys beklee, het in 2002 laas die Blesdisloebeker gewen en kon die All Blacks sedert 2015 se Wêreldbeker-toernooi net twee keer in 11 toetse klop.

Daar was egter al baie beter tye en dit was Australië se gloriejare vroeg in dié eeu wat vir Simone die ambisie laat koester het om eendag ’n Wallaby-trui te dra.

“Toe het die Wallabies die kruin van die spel bereik. Dis reg om te sê dat hulle sedertdien agteruit geboer het, maar ek’s deel van ’n groep spelers wat die standaard gaan lig,” sê hy.

Meer oor:  Dave Rennie  |  Australië  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.