Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallaby sê misdaad in SA verenig spelers
Jordan Uelese sê die Wallabies is nou meer bedag op veiligheid. Foto: Getty Images

Die Wallaby-haker Jordan Uelese sê die diefstal van sy spanmaat Taniela Tupou se selfoon in Suid-Afrika beïnvloed nie hulle opinie van die land nie.

Inteendeel, die voorval het die span verenig in die aanloop tot Saterdag se Rugbykampioenskaptoets teen die Bokke in Johannesburg, sê hy.

Tupou (23) is Saterdagaand buite ’n hotel in Sandton in sy regterarm met ’n mes gesteek.

Die stut en sy spanmaats het in The Grill-restaurant gaan eet en was net ná 21:00 op pad terug na hul hotel, skaars 50 m weg, toe ’n man van agter Tupou se selfoon gegryp het.

Hy het aanvanklik gedink dit is een van sy spanmaats wat die gek skeer.

Tupou het die man agterna gesit en is toe twee keer met ’n mes in sy regterarm gesteek. Die grypdief het in ’n motor gespring en die bestuurder van die motor het weggejaag.

’n Spandokter het die twee snywonde aan Tupou se regterarm behandel.

Uelese, wat die voorval aanskou het, maak nie veel ophef daarvan nie, maar sê die toergroep sal voortaan meer bedag wees op hul veiligheid.

“Misdaad gebeur oral, ek sal nie toelaat dat ’n minderheid misdadigers ons denke oor mense hier in Suid-Afrika skend nie,” sê Uelese.

“Ek dink klein diefstal vind oral in die wêreld plaas en dit moet nie die wyse waarop ons oor Suid-Afrikaners in die algemeen dink, beïnvloed nie. Hulle is wonderlike mense en ek dink ons sal aanhou so oor hulle voel.

“Wanneer jy agt spelers van 120 kg en swaarder in jou geselskap het, is jy oukei. Ons voel redelik veilig almal saam,” sê hy oor die span se veiligheid.

“Dit wys jou net enigiets kan enige plek gebeur, so dit het ons vir seker nader gebring aan mekaar as ’n groep en ons kyk nou definitief meer uit vir mekaar.”

Uelese sê hy en sy spanmaats het Tupou omgepraat om nie die motor en die gesteelde selfoon agterna te sit nie.

“Minder tyd op sy selfoon sal hom goed doen,” skerts hy.

“Hy is mal daaroor om op sy foon te speel.”

Die Wallabies se wedstryd teen die Bokke op Ellispark skop Saterdag om 17:05 af.

– Reuters

Meer oor:  Taniela Tupou  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.