Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallaby verdien meer as top-Bokke, Kiwi's

Michael Hooper, Australië se kaptein, het hom vir die volgende vyf jaar tot die Wallabies en Waratahs verbind met ’n kontrak ter waarde van sowat A$6 miljoen (R61,2 miljoen).

Michael Hooper, kaptein van die Wallabies, se salaris is veel beter as enige All Black- en Springbok-speler. Foto: Getty Images

Stuff.co.nz berig dit is die tweede kontrak van vyf jaar in die geskiedenis van Aussie-rugby.

Die voormalige Waratahs-vleuel Lote Tuqiri het in 2007 ’n kontrak van vyf jaar onderteken, maar dit is twee jaar later weens dissiplinêre probleme opgeskeur.

Hooper (26), ’n losvoorspeler met 82 toetse vir sy land, se ooreenkoms met Rugby Australië (RA) beloop A$1,2 miljoen (R12,2 miljoen) per jaar.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het in 2017 16 Springbokke gekontrakteer om in die land te bly, teen ’n gemiddelde salaris van R5,3 miljoen.

Die gemiddelde salaris vir ’n gekontrakteerde Springbokspeler is R5,5 miljoen met die hoogste betaalde Bok-kontrak wat R7,4 miljoen is.

Kieran Read, die beste betaalde All Black, verdien NS$1 miljoen (R9,1 miljoen) per jaar, terwyl die ster-slot Brodie Retallick NS$800 000 (R7,3 miljoen) per jaar huis toe vat.

Hooper word een van Aussie-rugby se topverdieners, maar nie die rykste jaarliks nie.

Die losvoorspeler David Pocock verdien glo A$4 miljoen (nagenoeg R40,7 miljoen) met sy kontrak oor drie jaar en die heelagter Israel Folau het in 2015 ’n buigbare driejaarkontrak ter waarde van A$2 miljoen (R20,3 miljoen) per jaar gesluit.

Dit kos Saru gesamentlik R84,8 miljoen per jaar om die 16 gekontrakteerde spelers in die land te hou. Van dié bedrag betaal die franchises 30% vir hul spelers – of R25,4 miljoen.

Sedert die syfers saamgestel is, het die Springbokke ook spelers soos Malcolm Marx en Warren Whiteley gekontrakteer om te verseker hulle bly in Suid-Afrika tot ná die 2019 Wêreldbekertoernooi.

– Sportredaksie

Meer oor:  Michael Hooper  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wallabies  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.