Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Walliesers loop deur op sosiale media

Die Walliese Rugbyunie (WRU) het Maandag die wyse waarop sy spelers op sosiale media beledig is, veroordeel.

Walliesers is ontstoke nadat die Rooi Drake Saterdag hul Sesnasies-wedstryd teen Frankryk verloor en hul die kans verspeel het om ’n Grand Slam (oorwinnings oor al vyf hul teenstanders in die kompetisie) te behaal.

Brice Dulin, die Franse heelagter, klop Saterdag vir George North van Wallis om die Franse te laat wen. Foto: Getty Images

Die heelagter Brice Dulin het in die doodsnikke die tuisspan se derde drie gedruk vir ’n oorwinning van 32-30. Wayne Pivac se Wallis-span is só ’n tweede Grand Slam in drie jaar ontsê.

Die WRU het ’n foto gedeel van beledigende boodskappe wat een van spelers ná die nederlaag op Instagram en Twitter gekry het.

“Die beledigings en skeltaal wat spelers ontvang, moet end kry,” sê die WRU.

Ook die Franse Rugbyfederasie (FFR) sê sulke optrede moet stop, want dit druis in teen die gees van die spel.

Wallis het sy veldtog voltooi en is die voorloper met 20 punte, vyf meer as Frankryk wat in die derde plek is.

Die Franse Hane kan die titel wen as hulle Skotland Vrydag met minstens 21 punte en ’n bonuspunt insamel. – Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Wallis  |  Sosiale Media  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.