Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallis kan vir ‘opskudding’ in 2019 sorg

Die rugbylegende sir Gareth Edwards sê Wallis kan ’n “opskudding” in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan veroorsaak.

Sir Gareth Edwards / Foto: Getty Images

Wallis is derde op die wêreldranglys naas Nieu-Seeland en Ierland nadat hy vanjaar nege wedstryde agtereenvolgens gewen het. Hy was ook die eerste keer tot nog toe onoorwonne in al sy jaareind-tuistoetse.

Wallis is saam met Australië, Fidji, Uruguay en Georgië in Groep D vir die skouspel geloot.

“Ek sien geweldig daarna uit en ek dink ons het ’n baie goeie kans,” het Edwards volgens BBC Sport gesê.

Dié voormalige Walliese skrumskakel, wat ook vir die Britse en Ierse Leeus uitgeblink het, het op die Walliese sporttoekenningsgeleentheid gepraat oor die Rooi Drake se kanse in volgende jaar se toernooi.

Wallis kon nog nooit verder as die halfeindronde van die WB-toernooi vorder nie.

“Daar gaan een of twee struikelblokke wees, maar ons het die regte spelers om ’n opskudding te veroorsaak.

“Ons spelers beskik oor die nodige selfvertroue en het reeds uitsonderlike rugby gespeel. Daar mag dalk moeilike wedstryde wees, soos teen Nieu-Seeland, terwyl Suid-Afrika op pad terug is om weer die goeie span te word wat hy eens was.

“Wees ook maar altyd versigtig vir spanne soos Fidji, wie se spelers min kanse kry (op ’n wêreldverhoog), maar ander spanne se kaarte kan deurmekaarkrap.”

Wallis het vanjaar twee keer met die Springbokke afgereken en het vyf van sy laaste ses wedstryde teen Suid-Afrika gewen. Voor 1999 het Wallis nie ’n enkele toetssege oor die Bokke behaal nie.

Jonathan Davies, wat verlede jaar as Wallis se Sportpersoonlikheid van die Jaar aangewys is, hoop Wallis kan sy peil van 2018 in volgende jaar se Sesnasies-reeks en die Wêreldbekertoernooi volhou.

“Dit is belangrik dat ons daardie momentum in die Sesnasies-reeks inneem – wat nou ’n groot kompetisie vir ons is – veral met die wyse hoe Ierland speel en met Engeland wat altyd ’n span is om mee rekening te hou.

“Daar word groot verwagtinge vir ons gekoester, maar ons gedy onder druk en is opgewonde om so gou as moontlik weer te kan speel.”

* Wallis het vanjaar twee keer met die Springbokke afgereken en het vyf van sy laaste ses wedstryde teen Suid-Afrika gewen. Voor 1999 het Wallis nie ’n enkele toetssege oor die Bokke behaal nie.

* Geraint Thomas, die wenner van vanjaar se Tour de France-fietswedren, is as Wallis se Sportpersoonlikheid van die Jaar aangewys. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Gareth Edwards  |  Wb-2019  |  Rooi Drake  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.