Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallis kry kans om Bokke terug te betaal

Wallis gaan die Springbokke op 28 November in Cardiff in ’n wraakstryd pak.

Wayne Pivac, die nuwe Walliese afrigter, gaan sy hande vol hê in sy eerste seisoen aan die stuur van die Rooi Drake. Foto: Reuters

Luidens ’n berig op walesonline.co.uk sal Suid-Afrika se rugbyspan die Drake se vierde en laaste teenstander in ’n besige November-reeks wees.

Hoewel die Suid-Afrikaanse Rugbyunie dit nog finaal moet bevestig, is daar oorsee reeds berig dat die Bokke ook teen Italië (7 November), Ierland (14 November) en Frankryk (21 November) op hul tradisionele jaareindtoer sal speel.

Die toets teen Wallis kan weer buite die toetsvenster val, wat daartoe sal lei dat talle van die Bokke se beste spelers, vanweë hul oorsese klubverpligtinge, nie beskikbaar sal wees nie.

Wallis het vroeër ook aangekondig dat hy teen drie van die ander grotes van die Suidelike Halfrond speel.

Wallis begin sy November-reeks op 7 November teen Fidji, gevolg deur die All Blacks op 14 November, die Argentynse Poemas op 21 November en sluit af teen die Bokke.

Vir Wallis sal die stryd teen Suid-Afrika ’n gulde geleentheid wees om wraak te neem nadat die Bokke hulle verlede jaar net-net in die halfeindronde van die Wêreldbeker-toernooi geklop het.

Teen die tyd dat die Walliesers die Bokke pak, sou hulle reeds teen agt van die wêreld se huidige toptien-spanne gespeel het. Boonop is Fidji tans 11de op die ranglys.

Wallis toer in Julie deur Nieu-Seeland, waar hulle die All Blacks in twee toetse pak. Dit word voorafgegaan met ’n toets op 27 Junie teen Japan.

Wallis het die All Blacks laas in 1953 geklop, terwyl Fidji hom in 2007 in Frankryk in die groepfase van die WB-toernooi geklop het.

Wallis het die Bokke tussen 2016 en 2018 in vier opeenvolgende toetse geklop, maar is in die WB-halfeindstryd met 19-16 deur die Bokke uitgeskakel. – Sportredaksie, Walesonline.co.uk

Meer oor:  Cardiff  |  Springbokke  |  Wallis  |  Bokke  |  Toetsrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.