Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallis sal ‘moet beter’ teen Franse
George North rond Saterdag ’n drie af vir Wallis in die toets teen Italië in Rome. Foto: Getty Images

Om ’n vanjaar ’n Grand Slam te wen ná ’n nagmerrie-seisoen in 2020 sal vir Wallis iets ongelooflik wees, sê die veteraan-vleuel George North.

Nietemin meen hy dat die Drake sal moet verbeter om Frankryk Saterdag in ’n Sesnasies-rugbywedstryd te klop.

Verlede jaar het Wallis slegs een wedstryd in die Sesnasiesreeks gewen en vyfde geëindig.

Hulle is in 2021 ’n getransformeerde span en het al vier Sesnasies-wedstryde gewen, insluitend die afgelope naweek se sege van 48-7 oor Italië.

North het reeds twee maal vantevore – in 2012 en 2019 – die Grand Slam gewen.

“Dit sal ’n goeie een wees om deel van 2021 se storie te maak. Dis ’n mal jaar as ’n mens kyk van waar ons gekom het,” sê North.

“Ons weet hoe gevaarlik Frankryk is. Ons gaan moet verbeter om op die verlangde vlak te kom.”

North, wat die jongste speler is om 100 toetse vir Wallis te kon speel, sê die span het daarby gebaat gevind dat daar nie hoë verwagtinge van hulle was nie.

“Ná ons toetse in ons reeks in die herfs het niemand veel van ons verwag nie. Dis altyd goed, want ons geniet dit om die buiteperd te wees,” sê hy.

“Die harde werk wat die spelers in die vroeë deel van die Sesnasies ingesit het, begin nou ’n dividend oplewer.

“Ons is nog nie ’n afgeronde span nie, maar kan wel positiewe dinge uit die vertoning teen Italië haal.”

Meer oor:  Frankryk  |  Wallis  |  Sesnasiesreeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.