Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallis, Scarlets sonder Davies en Patchell
Jonathan Davies. Foto: Getty Images
Rhys Patchell.Foto: Getty Images

Twee van die Scarlets se Walliese spelers, die senter Jonathan Davies en die losskakel Rhys Patchell, sal die Sesnasies-reeks weens beserings misloop.

Hulle het dié beserings gedurende vanjaar se Wêreldbeker (WB)-toernooi in Japan opgedoen.

Davies sal minstens ses maande uit aksie wees weens ’n kniebesering, terwyl ’n skouerbesering Patchell minstens vier maande uit die spel sal hou. Albei moet geopereer word, berig walesonline.co.uk.

“Rhys Patchell en Jonathan Davies moet albei operasies ondergaan vir beserings wat hulle in die onlangse WB-toernooi opgedoen het,” lei ’n gesamentlike verklaring deur die Walliese Rugbyunie en Scarlets.

“Patchell sal na verwagting tussen 12 en 16 weke ná sy operasie weer kan speel, terwyl ’n herstelproses van minstens ses maande op Davies wag ná sy knieoperasie.”

Davies (81 toetse) het sy linkerknie in die groepwedstryd teen Fidji beseer en Patchell (19 toetse) het sy skouer in die uitspeelwedstryd om die derde plek teen Nieu-Seeland beseer. – Sportredaksie

Meer oor:  Jonathan Davies  |  Scarlets  |  Beseer  |  Wallis  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.