Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallis smeer baba-olie op hul rugbyballe

Dis nie kinderspeletjies om gewoond te raak aan die ekstreme humiditeit in Japan dié tyd van die jaar nie en in ’n poging om Wallis se hantering in sulke sweterige, klam toestande op te skerp, smeer dié span baba-olie op hul rugbyballe tydens oefeninge.

Wallis se rugbyspan het op sy Wêreldbeker-oefenkampe van allerlei metodes gebruik gemaak om gewoond te raak aan die warm, bedompige weer in Japan. Foto: Getty Images

Warren Gatland se span begin sy Wêreldbeker-veldtog op 23 September teen Georgië en die geoliede balle is een van die wyses waarop die Walliesers die toestande probeer naboots wat hulle in die stad Toyota gaan ervaar.

“Ons het nie net met nat balle geoefen nie, maar hulle ook vol baba-olie gesmeer,” het Gatland Sondag by die span se oefenkamp in Kitakijoesjoe gesê.

“Ons het ook kleeflint op die balle geplak (om hulle gladder te maak) op van ons vorige oefenkampe.”

Gatland sê sy span het voor sy vertrek ook kans gehad om aan warm toestande gewoond te raak, toe hulle byvoorbeeld in Turkye gaan oefen het, waar die temperatuur in die hoë 30’s (grade Celsius) was.

“Op ons oefenkamp hoog bo seespieël in Switserland was dit ook baie warm gewees,” het Gatland gesê.

“Ons het soveel as moontlik gedoen om vooraf gewoond te raak aan die toestande wat ons hier in Japan gaan teëkom. Die humiditeit gaan ’n faktor wees ... dis hoe jy dit hanteer, wat van belang is.”

Engeland oefen ook by sy oefenkamp in Mijasaki met nat balle.

“Ons het emmers vol water langs die veld en doop die balle daarin voor ons hulle ingooi in lynstane,” het die Engelse haker Jamie George gesê.

Volgens hom kan hakers darem in ’n wedstryd die bal effe met ’n handdoek afvee voor ’n ingooi, maar het hulle tydens oefeninge gesien hoe glad die bal in algemene spel gaan wees.

– Reuters

Meer oor:  Warren Gatland  |  Toetsrugby  |  Rooi Drake  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.