Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallis: Van 1 tot 5 op ranglys in nét 3 weke

As ’n week ’n lang tyd is in rugby, is drie weke ’n leeftyd.

Die Springbokke, wat Japan verlede week slae gegee het, beklee nou die vierde plek op die jongste wêreldranglys. Foto: Getty Images

Vra maar die Walliese rugbyspan. Warren Gatland (afrigter) se Rooi Drake het op 19 Augustus, toe die jongste wêreldranglys amptelik uitgereik is, die All Blacks boaan die wêreldranglys onttroon. Dít was nadat hy met Engeland in Cardiff afgereken het.

Nou, presies drie weke later, beklee Wallis die vyfde plek. Die Springbokke, danksy ’n oortuigende oorwinning oor Japan, het ook nou verby Wallis geskuif en beklee die vierde plek.

Ierland, wat die afgelope twee weke agtereenvolgende oorwinnings oor Wallis behaal het, is vir die eerste keer tot nog toe die wêreld se nr. 1-span.

Die All Blacks, wat Tonga verneder het die afgelope naweek, is kort op die Iere se hakke in die tweede plek. Eddie Jones (afrigter) se Engelse span, wat Italië verlede week kafgedraf het, lê derde.

Die toptien-spanne op die jongste amptelike ranglys is: 1. Ierland 89.47, 2. Nieu-Seeland 89.40, 3. Engeland 88.13, 4. Suid-Afrika 87.34, 5. Wallis 87.32, 6. Australië 84.05, 7. Skotland 81.00, 8. Frankryk 79.72, 9. Fidji 77.43, 10. Japan 76.70. – Sportredaksie

Meer oor:  Wêreldranglys  |  Wallis  |  Ranglys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.