Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Waratahs se jong Turke kry groot lof

Die Western Force het al die eindstreep gesien en was bestem om sy terugkeer tot Australiese rugby met ’n oorwinning oor die Waratahs te vier in die Aussies se Superrugby AU-reeks.

Michael Hooper, flank van die Waratahs, loop hom Saterdag in Sydney teen ’n muur van Western Force-verdedigers vas. Foto: Getty Images

Toe die Waratahs egter Saterdag in Sydney 23 onbeantwoorde punte in 22 minute aanteken, was dit neusie verby.

Die span van Perth het een oomblik nog ’n voorsprong van 14-0 gehad en minute later as die verloorder van die veld gestap (14-23).

Die vorige keer dat die spanne kragte gemeet het, in 2017 voordat die Force uit Superrugby geskop is, het die Waratahs ’n loesing van 11-40 gekry.

Rob Simmons, kaptein van die Waratahs, het agterna gesê hulle is bly hul harde werk op die oefenveld werp vrugte af.

Hy voer ’n onervare span aan ná die vertrek van staatmakers soos Kurtley Beale, Bernard Foley en Adam Ashley-Cooper.

“Dit voel goed. Hulle is so geesdriftig en wil net rugby speel. Dit gaan nou daaroor om die groot oomblikke te beheer,” het dié slot van die Wallabies gesê.

Ian Prior, die Force-hoofafrigter, sê sy span sal verbeter. Dit was sy eerste wedstryd op dié vlak in drie jaar.

“Daar was tye dat ons goeie rugby gespeel het en ons het baie om mee te werk.”

Die Force reis vandeesweek na Brisbane waar hy Vrydag teen die Reds speel.

Die Reds het Vrydag in Melbourne ná ekstra speeltyd met 18-18 gelykop gespeel teen die Rebels.

Die Waratahs en Brumbies pak mekaar Saterdag in Sydney.

• Puntemakers: Waratahs 23 (7): Drieë: Angus Bell, Tom Staniforth. Doelskoppe: Will Harrison (2). Strafdoele: Harrison (3). Force 14 (14): Drie: Byron Ralston. Strafdoele: Ian Prior (3). – Sportredaksie, foxsports.com.au

Meer oor:  Western Force  |  Superrugby  |  Waratahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.