Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Ek probeer nie soos Duane speel’

Warren Whiteley, die Springbok-agtsteman, steur hom nie daaraan dat hy gereeld met Duane Vermeulen vergelyk word nie.

Warren Whiteley wen lynstaanbesit vir die Springbokke in verlede maand se toets teen Argentinië op Kingspark in Durban. Foto: Gallo Images

“Dis vir my ’n natuurlike ding dat mense my met Duane vergelyk,” het Whiteley Maandag by die Bokke se spanhotel in Brisbane, gesê.

“Ons albei dra dieselfde nommer. Ek neem niemand kwalik wat ons vergelyk nie. Dis normaal om dit te doen.

“Ek weet egter as speler en ’n mens wie ek is. Ek is heeltemal anders. Ek vergelyk myself nooit met hom nie.

“Duane is ’n fantastiese speler en iemand waarna ek opgekyk het. Hy het reeds lankal vir die Bokke gespeel voordat ek my debuut gemaak het.

“Hy is ’n spesiale speler. Hy doen iets wat baie agtstemanne nie kan doen nie. Ek probeer nie om daardie rol vervul nie. Ek speel soos ek speel.

“Ek fokus net daarop om wat ek doen nog beter te doen. Ek vergelyk nie myself met iemand nie. Ek wil net altyd aan my eie spel verbeter.

Om vir die Bokke te speel, is baie spesiaal. Ek wil net die beste wees wat ek kan wees.
Warren Whiteley

“Dis nou my vyfde of sesde wedstryd ná my beserings. Ek begin nou werklik goed voel. Veral in my laaste twee wedstryde. My lyf voel baie goed. Ek gaan myself net aanhou druk om beter te raak.

“Om vir die Bokke te speel, is baie spesiaal. Ek wil net die beste wees wat ek kan wees.”

Duane Vermeulen lê rieme neer doellyn toe in die tweede toets teen Engeland vroeër vanjaar in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

In Vermeulen se afwesigheid behoort Whiteley weer die agtsteman in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets hier in Brisbane teen die Wallabies te wees.

Hy en Sikhumbuzo Notshe is die enigste erkende agtstemanne in die groep.

Die kanse raak ook skraler dat Vermeulen hom voor volgende Saterdag se toets in Wellington teen die All Blacks in die Bok-kamp sal aansluit.

Vermeulen is vanweë sy klubverpligtinge by die Kubota Spears in Japan nie vir die Rugbykampioenskap beskikbaar nie, hoewel die Bokke gepoog het om hom vir aanstaande week se kragmeting in Wellington te betrek.

Om die Bok-trui te dra, is ’n groot voorreg en yslike eer vir Whiteley, maar dit is nie altyd lekker as die span soos in Mendoza aftjop of ’n speler ’n afdag op kantoor beleef nie, erken Whiteley.

“Dis nie altyd maklik nie. Jy gaan foute begaan en gekritiseer word. Dis maar hoe dit is. Die bydrae wat ek in ’n wedstryd lewer, is vir my baie belangrik. Dis waaraan ek myself meet.”

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Warren Whiteley  |  Bokke  |  Duane Vermeulen  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Brisbane  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.