Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Warren, Leeus ‘buig knie’ voor beserings
Warren Whiteley, die Leeus se kaptein, word bloots gery deur beserings. Foto: Gallo Images

Die Leeus sal nog ’n geruime tyd sonder die dienste van Warren Whiteley, hul agtsteman en kaptein, in die Superrugbyreeks moet klaarkom.

Dis die afleiding wat gemaak kan word ná ’n redelik vae verslag wat Woensdag uitgestuur is oor dié span se besering-situasie.

Daarvolgens het Whiteley ’n klein kraakbeen-skeur in sy knie wat glo binne die volgende paar weke sal herstel. Dié besering is twee weke gelede in die sege oor die Chiefs in Hamilton opgedoen.

Daar is egter nie ’n aanduiding gegee oor hoe lank hy nog langs die kantlyn gaan wees nie.

Nóg ’n speler wat sy knie in daardie oorwinning beseer het, die losskakel Gianni Lombard, is egter nie so gelukkig nie en hy sal nie weer vanjaar op die rugbyveld in aksie gesien word nie.

Hy het sy knie sodanig beseer dat hy geopereer moet word en vir minstens nege maande uit aksie sal wees. Sy seisoen is dus iets van die verlede en daarmee verloor die Leeus een van hul opwindendste en veelsydige jong spelers.

Benewens losskakel speel Lombard ook heelagter en die feit dat hy met vertroue op losskakel gebruik kon word, het meegebring dat die Leeus hul gereelde losskakel, Elton Jantjies, met sukses as binnesenter kon gebruik.

Dit wil voorkom asof die Leeus nou behoorlik die knie moet buig, want dit wemel van kniebeserings.

Dit wil voorkom asof die Leeus nou behoorlik die knie moet buig, want dit wemel van kniebeserings.

Die flank Cyle Brink het ook ’n ligte kniebesering opgedoen teen die Crusaders, maar dit lyk asof hy wel vir aanstaande Saterdag se kragmeting op Ellispark met die Waratahs oorweeg sal kan word.

Die vleuel Sylvian Mahuza het ook sy linkerknie teen die Crusaders beseer en die Leeus se mediese span ondersoek sy situasie verder en sal later sekerheid hê oor hoe lank hy uit gaan wees.

Dit is egter Whiteley se situasie wat met die meeste belangstelling dopgehou sal word, nie net uit ’n Leeus-oogpunt nie, maar ook met die Springbokke in gedagte.

Meer oor:  Gianni Lombard  |  Johannesburg  |  Leeus  |  Superrugby  |  Kaptein  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.