Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Warren terug by Leeus ná hy toets slaag

Warren Whiteley is op pad Australië toe om hom by die Leeus aan te sluit nadat hy Vrydag stil-stil ’n fiksheidstoets geslaag het. Die Leeus se kaptein het gister Australië toe gevlieg en sal hom vandag by sy spanmaats aansluit. Die Leeus het gister in Canberra teen die Brumbies gespeel.

Warren Whiteley Foto: Anton Geyser/Gallo Images

Die Leeus is so gretig om Whiteley weer op die veld te kry – veral weens die wisselvalligheid van hulle Super-reeks vertonings vanjaar – dat hulle die 27ste toerplek vakant gelaat het in die hoop dat hul kaptein sy fiksheidstoets sal slaag en vir die oorblywende Leeus-wedstryde oorsee beskikbaar sal wees om die span te lei.

Whiteley het in Februarie sy borsspier in die wedstryd teen die Stormers op Nuweland beseer en moes ses tot agt weke op die kantlyn deurbring.

Whiteley wou nie oor sy terugkeer praat nie en het aan Rapport gesê hy wil liewer “ ’n lae profiel” handhaaf.

Maar Swys de Bruin, die Leeus se afrigter, het aan Rapport gesê hy is in sy noppies dat Whiteley terug sal wees by die span.

“Wazza gaan baie vir ons beteken noudat hy sy toets geslaag het. Hy sal Sondag by ons aankom. Ons is baie bly om hom terug te hê, want hy is een van ons leiers,” het De Bruin gesê.

Whiteley is intussen nog in onderhandelinge met die Leeus betrokke om sy kontrak te verleng, met die Johannesburgse span wat hard probeer om hom in die land te hou.

De Bruin het juis verlede week aan Rapport gesê die onderhandelinge vorder goed en hulle hoop om binnekort ’n ooreenkoms te bereik om Whiteley se kontrak te verleng sodat hy by die Leeus bly.

Meer oor:  Brumbies  |  Leeus  |  Warren Whiteley  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.