Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Warren wonder nie oor Engelse Wilson
Warren Whiteley was Donderdag in ’n ontspanne bui by ’n perskonferensie in Londen. Foto: Gallo Images

Wie? Mark Wilson? Nee, ek weet eerlikwaar nie veel van hom nie.

Die Springbok-agtsteman, Warren Whiteley, het in die opbou tot Saterdag se kragmeting met Engeland in Londen, met dié reaksie te kenne gegee hy het nie veel kennis van sy direkte teenstander (Wilson) nie.

Jy kon hom ook nie regtig verkwalik nie.

Met Engeland se twee voorkeur-agtstemanne, Billy Vunipola (beseer) en Nathan Hughes (geskors), wat nie oorweeg kon word nie, is daar verwag dat Ben Morgan of die opwindende Zach Mercer in dié posisie teen die Bokke sou speel.

Die Engelsman Mark Wilson is ’n onbekende faktor vir Whiteley en sy Bok-spanmaats. Foto: Getty Images

Wilson, die 29-jarige losvoorspeler van die Newcastle Falcons, sal in sy vyfde toets speel. Hy en die ander lede van die Rose se gelapte lostrio, Tom Curry en die Nieu-Seelander Brad Shields, het saam net tien toetse op die kerfstok.

Dit steek sleg af by die 100-tal wat Whiteley (21), Duane Vermeulen (42) en die kaptein, Siya Kolisi (37), agter die blad het.

“Ons gaan beslis nie daarop fokus nie. Dit is nooit slim om op individue te fokus nie en vir ons gaan dit eerder daaroor dat ons pak wil verbeter as ’n eenheid.

“Dit klink of hulle ’n dinamiese kombinasie gekies het.

“Ons weet Tom Curry is uitstekend by die afbreekpunte en hy het ons baie probleme gegee die vorige keer wat ons teen hulle gespeel het (die derde toets in Junie op Nuweland).

“Ons het al baie teen Brad gespeel in Superrugby. Hy is ’n goeie veelsydige speler, wat goeie besluite neem.”

Whiteley is gevra of Eddie Jones, Engeland se afrigter, straks ’n pak gekies het waarmee hy ’n fisieke konfrontasie met die Bokke wil vermy.

Met ander woorde, probeer dit wat jy weet jou teenstander se forte is, omseil.

Dit is toetsrugby, jy moet voor die grondslag kan skep. Saterdag sal geen uitsondering wees nie.
Warren Whiteley

“Nee, ek dink nie so nie. Engeland het altyd ’n fisieke vaste vyf en hulle is nie ’n span wat sal terugstaan in dié afdeling nie. Dit is toetsrugby, jy moet voor die grondslag kan skep. Saterdag sal geen uitsondering wees nie.”

Die 7/8-kombinasie van Whiteley en Vermeulen sal met groot belangstelling onder die vergrootglas geplaas word op Twickenham. Dit lyk op die keper beskou na ’n gebalanseerde lostrio en Rassie Erasmus, die besoekers se afrigter, sal ná die toets ’n beter aanduiding hê van die pad vorentoe.

Meer oor:  Warren ­Whiteley  |  Engeland  |  Suid-Afrika  |  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Rose  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Twickenham
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.