Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Warrick Gelant beloon met plek in Bokgroep

Warrick Gelant, die Blou Bulle-heelagter, kan eersdaags straks sy toetsbuiging maak nadat hy saam met drie ander groentjies in die Springbok-groep vir die komende toer van Europa ingesluit is.

Warrick Gelant van die Blou Bulle. Foto: Gallo Images

Die Haaie-drietal van Lukhanyo Am (senter), Dan du Preez (agtsteman) en Louis Schreuder (skrumskakel) is die ander manne in die groep wat moontlik hul eerste proesel toetsrugby gaan kry.

Die ervare stut Coenie Oosthuizen en agtsteman Uzair Cassiem keer ook terug nadat hulle onderskeidelik van ’n arm- en ribbesering herstel het.

Francois Venter en Oupa Mohoje, albei van die Vrystaat-Cheetahs, is ook weer opgeroep na die groep.

Daar is steeds geen teken van die Leeus se bieliesenter Rohan Janse van Rensburg nie.

“Die groep reflekteer kontinuïteit, terwyl ons ook spelers beloon het wat vanjaar bestendig goed was,” sê die Bok-afrigter, Allister Coetzee, in ’n nuusverklaring.

“Warrick en Lukhanyo is voorbeelde van spelers wat vanjaar uitgeblink het. Dis puik om hulle in die groep te hê en ek sien uit daarna om met hulle te kan werk.”

Spelers wat weens beserings nie oorweeg is nie, is onder andere Warren Whiteley, Jaco Kriel, Frans Malherbe, Sbu Nkosi, Ruan Combrinck en Jan Serfontein.

Die Springbok-groep is:

Voorspelers: Uzair Cassiem, Lood de Jager, Ruan Dreyer, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Francois Louw, Wilco Louw, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Oupa Mohojé, Franco Mostert, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Chiliboy Ralepelle.

Agterspelers: Lukhanyo Am, Curwin Bosch, Andries Coetzee, Ross Cronjé, Damian de Allende, Warrick Gelant, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Dillyn Leyds, Rudy Paige, Handré Pollard, Raymond Rhule, Louis Schreuder, Courtnall Skosan, Francois Venter.


Meer oor:  Allister Coetzee  |  Jaareindtoer  |  Springbokke  |  Warrick Gelant  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.