Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Was die Blitsbokke ‘grootkop’?
Suid-Afrika se Selvyn Davids soek deurkomkans die afgelope naweek teen Engeland. Foto: Getty Images

Die Blitsbokke het straks ’n bietjie grootkop geraak nadat hulle in Desember die nuwe seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks met ’n knal begin het.

Dit is die mening van Frankie Horne, voormalige kaptein van die Suid-Afrikaanse sewesspan, ná die Blitsbokke se swak vertoning die afgelope naweek in die Hamilton-toernooi in Nieu-Seeland.

Suid-Afrika het tiende geëindig.

“Ek weet nie of die ouens dalk ’n bietjie grootkop geraak het nadat hulle goed gevaar het in Kaapstad (naaswenner) en Dubai (wenner) nie.

“Ek weet nie of die ouens dalk ’n bietjie grootkop geraak het nadat hulle goed gevaar het in Kaapstad (naaswenner) en Dubai (wenner) nie.
Frankie Horne

“Dit was ’n teleurstellende naweek. Die formaat (waar slegs die boonste span deurdring na die halfeind) maak dit moeilik, maar dit geld vir almal.

“Jy moet die beste in jou groep wees om deur te gaan. “Ons was die beste in ons groep, of eerder ons kon wees.

“Die groot probleem was egter dat ons nie gedoen het wat ons moes nie. Teen Engeland het ons basiese foute gemaak,” sê Horne (36), wat tussen 2007 en 2016 vir die Blitsbokke uitgedraf het.

“Dit lyk soos ’n effense probleem met leierskap. Maar dit is nie om Stedman Gans, die nuwe kaptein, te blameer nie, daar is genoeg ouens om leiding te gee.

Frankie Horne in 2015 in aksie vir Suid-Afrika. Foto: Getty Images

“Jy het Cecil (Afrika), Branco (Du Preez), Chris Dry, Werner Kok en Justin Geduld, al daardie manne wat ervare spelers is. Die meeste van hulle het al ’n paar toernooie gespeel.

“Dit lyk net of daar ’n bietjie rigtingloosheid en nie leiding was nie. Die ouens was traag by die afbreekpunte en daar was nie lekker kommunikasie nie.

“Dit is of ons by die afbreekpunte soveel daarop fokus om balle te steel en nie oor wat verder daar gebeur nie,” sê hy.

Tog is Horne positief oor die Blitsbokke se kanse in die Sydney-toernooi wat Saterdag begin.

“Ons het beslis die skietgoed om baie goed te doen in Sydney. Angelo Davids (vleuel) was baie goed, ek dink hy kan net beter raak.

“Daar is ’n paar manne wat baie meer kan bied, ouens wat baie stil was. Ek gaan nie name noem nie, maar dit is baie duidelik (wie dit is).

“Ons was al in die verlede ook op slegte plekke en dan het ons die naweek daarna die volgende toernooi gewen. Dit is beslis moontlik.

“Ons moet maar net gaan fokus op die basiese dinge, ander spanne doen dit, maar ons het ’n bietjie die pad byster geraak,” sê Horne.

Meer oor:  Frankie Horne  |  Kenia  |  Suid-Afrika  |  Hamilton  |  Sewesrugby  |  Blitsbokke  |  Verneder  |  Grootkop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.