Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wasps kry jawoord vir eindstryd

Die London Wasps het Woensdag die groen lig gekry om Saterdag in die eindstryd van Engelse rugby se Premierliga te speel, nadat hul laaste ronde Covid-19-toetse geen nuwe gevalle aangedui het nie.

Zach Kibirigie word deur sy Wasps-spanmaats Matteo Minozzi en Dan Robson oorval nadat hy ’n drie in hul Premierliga-halfeindstryd teen Bristol gedruk het. Ná ’n benoude wag het Wasps nou die groen lig gekry om in die eindstryd te speel. Foto: Getty Images

Premiership Rugby, die beheerliggaam vir die Premierliga, het in ’n verklaring bevestig dat Wasps “hul regmatige plek in die Premierliga-eindstryd teen Exeter Chiefs kan inneem”.

Wasps het naels gekou oor hul deelname aan die eindstryd, nadat elf persone by die klub sedert verlede week positief vir Covid-19 getoets is. Net een verdere positiewe uitslag sou glo daartoe gelei het dat hul plek in die eindstryd deur die Bristol Bears ingeneem word, al het Wasps dié span in die halfeindronde met 47-24 verfrommel.

Bristol, wat verlede week die Europese Uitdaagbeker gewen het en derde op die Premierliga se punteleer geëindig het, se direkteur van rugby, Pat Lam, het Dinsdag aangedui dat sy span gereed sou wees as hulle gevra word om in die eindstryd te speel. Hy het egter bygevoeg dat hulle hoop om eerder vir Wasps om die titel te sien meeding.

Wasps se uitvoerende hoof, Stephen Vaughan, was verheug om Woensdag te hoor sy span kan steeds droom van ’n nuwe toevoeging tot hul trofeekas.

“As ’n klub is ons in die wolke dat ons nou ons plek in die eindstryd kan inneem,” het hy volgens AFP in ’n verklaring gesê.

“Aan al ons ondersteuners en almal wat vir ons goeie wense gestuur het: hierdie eindstryd is vir julle!”

Wasps het in 2017 laas in die Engelse Premierliga-eindstryd gespeel – teen einste Exeter.

Die Chiefs het daardie wedstryd ná ekstra tyd gewen. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Wasps  |  Exeter Chiefs  |  Covid-19  |  Engelse Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.