Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Watson fiks vir Engeland se Wallis-stryd
Die vleuel Anthony Watson het herstel van ’n besering en sal waarskynlik Saterdag vir Engeland teen Wallis opdraf. Foto: Getty Images

Die flank Jack Willis, vleuel Anthony Watson en haker Luke Cowan-Dickie is almal ingesluit by Eddie Jones se uitgebreide groep van 25 spelers vir Saterdag se Nasiesbeker-stryd teen Wallis.

Willis het twee weke gelede sy buiging teen Georgië gemaak in ’n wedstryd waar hy ook agter die pale gedraai het, maar is toe weggelaat uit die span wat vir Ierland laat les opsê het.

Hy tel onder die name van sterk opsies wat Jones in sy lostrio het, met Sam Underhill, Tom Curry, Billy Vunipola en Ben Earl wat almal ook ingesluit is.

Een van hulle sal waarskynlik die 23-tal misloop.

Jones het egter die dienste van die senter Ollie Lawrence verloor, wat op die kantlyn sal wees nadat hy ’n heupbesering opgedoen het.

Jones sal egter verlig wees dat Watson sy terugkeer maak.

Dit sal die vleuel se eerste wedstryd wees sedert hy verlede maand teen Italië beseer is tydens die Sesnasies-reeks.

Cowan-Dickie het ook herstel van ’n knieoperasie en is fiks verklaar. Hy sal waarskynlik onder die plaasvervangers tel, met Jamie George wat sal begin.

’n Oorwinning of ’n gelykopuitslag sal verseker dat Engeland tot in die voorste plek skuif in Groep A in die nuwe kompetisie, met hul wedstryd teen Frankryk in Twickenham op 6 Desember wat eindelik die groot bepalende faktor kan wees.

Die kans is ook daar dat die Britse regering Donderdag die inperkingsmaatreëls kan verlig, wat sal beteken dat sowat 4 000 toeskouers die wedstryd sal mag bywoon. – Reuters

Meer oor:  Eddie Jones  |  Anthony Watson  |  Wallis  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.