Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Watter Bok-span gaan opdaag?

Watter Springbok-span gaan Saterdag in die Westpac-stadion in Wellington teen die All Blacks opdaag: die een wat verlede jaar naelskraap met 24-25 in die Kaap verloor het of die ander een wat met 57-0 in Albany verneder is?

Francois Louw verlede jaar op Nuweland teen die All Blacks in aksie. Hy het toe ’n geïnspireerde vertoning as agtsteman gelewer. Foto: Ashley Vlotman | Gallo Images

“Goeie vraag,” het die Bok-losvoorspeler Francois Louw vandeesweek geantwoord.

“Ek kan wel sê ons gaan alles in ons vermoë doen om goed te vertoon en die sege te behaal. Ons gaan so goed moontlik voorberei vir die toets.”

Die 33-jarige Louw, wat Saterdag een van die besoekers se plaasvervangers sal wees, het wel ’n maklike antwoord gehad vir ’n vraag oor wat Bok-ondersteuners van die Suid-Afrikaanse spelers in Wellington kan verwag.

“Suid-Afrikaanse ondersteuners soek oorwinnings. Met ons onlangse onbestendige vertonings, is daar ’n groot verwagting dat ons weer op koers moet kom.

“Die All Blacks is ’n groot derby vir ons. Ons wil graag weer op die wenpad kom. ’n Sege hier sal fantasties wees. Gegewe ons posisie sal dit iets ysliks wees om hier ’n oorwinning te behaal. Dis ons belangrikste bepaling van die jaar. ’n Mens is opgewonde om deel hiervan te wees.

“As ons verloor, sal niks drasties verander nie. Ons sal terugkeer en kyk waar ons kan verbeter vir ons oorblywende wedstryde in die Rugbykampioenskap.

“Daar is ’n groot verwagting dat ons weekliks moet wen. ’n Klomp ondersteuners sal teleurgesteld wees as ons verloor, maar daar is ook baie wat altyd by ons staan.”

Damian de Allende sê die Bokke het in vorige jare gesukkel om hul wedstrydplan teen die All Blacks in Nieu-Seeland uit te voer. Foto: Getty Images

Sy spanmaat Damian de Allende sê dis moeilik om te sê waarom die Bokke nog nie sedert 2009 ’n oorwinning in Nieu-Seeland kon behaal nie.

“Soms sukkel ons om die plan hier reg uit te voer,” sê die Bok-senter.

“Hopelik kan ons dit dié week regkry, maar daar is nie een spesifieke rede waarom ons hier sukkel nie. Ons moet vir 80 minute lank by die plan hou en dit presies probeer uitvoer.”

De Allende gee nie om wie Saterdag sy teenstander is nie. Ngani Laumape is weens ’n kniebesering wat hy teen Argentinië opgedoen het, uit. Sonny Bill Williams het van ’n skouerbesering herstel en behoort die tuisspan se binnesenter te wees.

“Ek gee nie werklik om wie my regstreekse teenstander is nie. Ons almal wil by ons strukture hou. Dit gaan ’n geval wees om so vinnig moontlik op te som wat voor jou is en daarby aan te pas. Jy sal die speler voor jou so vinnig moontlik wil stuit.

“Sonny Bill is een van die bestes ter wêreld, indien nie dié beste nie. Dis op sigself ’n uitdaging. Dit maak egter nie saak wie Saterdag daar (as my regstreekse teenstander) is nie, dit sal steeds moeilik wees.”

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.