Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WB: Argentinië skok met Isa se weglating

Die losvoorspeler Facundo Isa is ’n skok-weglating uit Argentinië se Wêreldbeker-groep van 31 spelers wat die hoofafrigter, Mario Ledesma, in Buenos Aires aangewys het.

Ledesma het besluit om eerder vir Rodrigo Bruno, een van 26 spelers wat vanjaar vir die Jaguares Superrugby gespeel het, saam te vat WB-toernooi toe.

Facundo Isa verlede maand in aksie teen die Wallabies in Brisbane. Foto: Getty Images

“Die ander spelers het my meer beïndruk (as Isa),” het Ledesma sy besluit verduidelik.

Argentinië kom op die toernooi in Groep C teen Frankryk, Tonga, Engeland en Amerika te staan.

“Ek het prioriteit gegee aan die spelers wat tuis speel bo dié by oorsese klubs.

“Facundo was, in teenstelling met wat die media gedink het, nie ’n seker keuse nie.”

Isa (25) speel vir die Franse klub Toulon.

Twee losskakels wat in Frankryk speel, Nicolas Sanchez (Stade Francais) en Benjamin Urdapilleta (Castres), sowel as die stut Juan Figallo, wat vir Saracens in Engeland uitdraf, is wel gekies.

Die flank Pablo Matera sal ’n span aanvoer wat slegs agt van sy laaste 41 toetse gewen het sedert die Poemas vierde geëindig het in die vorige WB-toernooi in 2015.

Matera se span het Saterdag in Pretoria teen die Springbokke sy negende agtereenvolgende nederlaag gely.

Ledesma, ’n voormalige Argentynse haker wat sy land van 1999 tot 2011 op vier WB-toernooie verteenwoordig het, en die losvoorspeler Juan Manuel Leguizamon, sal eersdaags gesamentlik dié rekord hou.

Dit sal die 36-jarige Leguizamon se vierde WB-toernooi in Japan wees.

Ledesma het, soos Eddie Jones van Engeland, besluit om net twee skrumskakels, Tomas Cubelli en Felipe Ezcurra, te kies.

Argentinië se WB-groep:

Agterspelers: Emiliano Boffelli, Joaquin Tuculet, Santiago Carreras, Bautista Delguy, Ramiro Moyano, Jeronimo de la Fuente, Juan Cruz Mallia, Lucas Mensa, Matias Moroni, Matias Orlando, Nicolas Sanchez, Benjamin Urdapilleta, Tomas Cubelli, Felipe Ezcurra. Voorspelers: Rodrigo Bruni, Javier Ortega Desio, Marcos Kremer, Juan Manuel Leguizamon, Tomas Lezana, Pablo Matera (k), Matias Alemanno, Tomas Lavanini, Guido Petti, Agustin Creevy, Julian Montoya, Santiago Socino, Nahuel Tetaz Chaparro, Juan Figallo, Santiago Medrano, Enrique Pieretto, Mayco Vivas. – Sport24.co.za; telegraph.co.uk

Meer oor:  Argentinië  |  Poemas  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.