Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-kontrak bring Duane huis toe

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Duane Vermeulen met ’n Springbok-kontrak oorreed om sy rugby volgende jaar vir óf die Stormers óf Bulle te speel en dus heeltyds ook vir die Springbokke beskikbaar te wees.

Duane Vermeulen

Saru het met dié Bok-kontrak gekeer dat Vermeulen weer toetse sal moet misloop weens sy oorsese verpligtinge, soos die geval is met die toetse in vanjaar se Rugbykampioenskap.

Weens Saru se geldelike verknorsing kon hy Vermeulen nie reeds vroeër vanjaar onder sy vlerk neem en verseker dat dié 32-jarige agtsteman vir al die Bokke se toetse beskikbaar is nie.

Vermeulen sal vir geeneen van die toetse in die Rugbykampioenskap beskikbaar wees nie omdat hy vir sy Japanse klubspan Kubota Spears moet speel.

Hy is darem weer beskikbaar vir die Bokke se toer einde van die jaar na Europa.

Vermeulen het ná sy vertrek by sy Franse klubspan Toulon met Saru gepraat oor sy loopbaanplanne vir die toekoms. Hy wou graag in Suid-Afrika kom speel om sy gewig volledig by die Bokke se Wêreldbekerveldtog in te gooi. Maar weens Saru se geldelike verknorsing het hy besluit om hom vir ’n seisoen lank by die Kubota Spears aan te sluit.

Vir die Rassie Erasmus, afrigter van die Springbokke, is Vermeulen se verbintenis tot die Bokke in 2019 goeie nuus.

Dit beteken dat Vermeulen al die Bokke se oefenkampe sal kan bywoon. Vermeulen is ook ’n baie belangrike rolspeler in die leierskorps van die Bokke, terwyl sy waarde as speler nie oorskat kan word nie.

Oor waar in Suid-Afrika Vermeulen voortaan sy rugby gaan speel, is daar nog nie uitsluitsel nie.

Die Bulle is die enigste plaaslike span wat hom aanvanklik gekontak het ná sy terugkeer na Suid-Afrika.

Die Stormers het eers die afgelope tyd belangstelling begin toon nadat dit bekend geword het dat Saru bereid is om hom hier te hou.

Die Bulle is vroeër egter nie as ’n ernstige opsie beskou nie, aangesien daar nog nie sprake van ’n Bok-kontrak was nie.

Dié situasie het nou verander.

Vermeulen se verbintenis om heeltyds in Suid-Afrika te speel, sal voorkom dat Erasmus in taai onderhandelings betrokke moet raak om hom van sy oorsese verpligtinge vrygestel te kry.

Dit raak toenemend moeiliker om spelers vrygestel te kry.

Rapport verneem juis die Engelse klubspan Sale Sharks eis nou sy pond vleis by Faf de Klerk.

Toe Steve Diamond dié blondekop-skrumskakel aanvanklik na Manchester gelok het nadat hy ’n koue skouer by die Bokke gekry het, het alles daarop gedui dat sy toetsdae getel is. Onder Erasmus is De Klerk nou sy land se eerstekeuse-skrumskakel en is dus minder vir Sale Sharks beskikbaar as toe hulle aanvanklik bereid was om ’n astronomiese bedrag geld vir hom te betaal. Rapport se inligting is dat Sale nou minder gretig is om hom vry te stel vir die Rugbykampioenskap as vroeër vir die reeks teen Engeland.

Bismarck du Plessis en Frans Steyn was ook vroeër vanjaar deel van Erasmus se toetsplanne, maar albei het hulle ná die eindstryd van die Franse liga weens beserings aan die Bok-groep onttrek.

Vermeulen is die tweede losvoorspeler aan wie Erasmus ’n Bok-kontrak toeken sedert dié breier uit Ierland teruggekeer het om Saru se direkteur van rugby te word.

Danksy ’n nasionale kontrak kan die Leeus ook vir Warren Whiteley behou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.