Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Cheetahs, Kings kan goeie wegspring kry’

In ’n Wêreldbeker-jaar soos vanjaar behoort die Cheetahs en die Southern Kings die geleentheid aan te gryp en kan hulle beter as ooit vantevore vertoon, sê David Jordan, Pro14-toernooidirekteur.

Jordan het die media tydens die bekendstelling van Pro14 se 2019/’20-seisoen in Hyde Park, Johannesburg, toegespreek.

George Whitehead, losskakel en kaptein van Griekwas, word aan die Cheetahs vir die Pro14-reeks geleen. Foto: Gallo Images

Hy sê dit neem gewoonlik ’n paar seisoene vir spanne om goed ingeburger te word in die reeks en omdat die Cheetahs boonop ’n suksesvolle Curriebeker-veldtog agter die rug het, behoort hulle aansienlik beter te vertoon.

“ ’n Goeie voorbeeld sal Connacht wees vier jaar gelede, wat nie een van die gunstelingspanne was nie. Hy het toe net een speler in die Iere se WB-groep gehad. Hy het die reeks goed begin en gewoond geraak aan ’n wenkultuur.

“Selfs toe die internasionale spelers (van ander spanne) teruggekeer het, het hy sy goeie vertonings voortgesit en baie goed en sterk geëindig. Dit is die perfekte tyd vir die Cheetahs en Kings om ook so te maak, want hulle is op volsterkte.

“Albei begin boonop met drie tuiswedstryde,” sê Jordan.

Hy sê die Pro14-reeks is een van die beste kompetisies in die wêreld en hy is trots om te kan sê dat hulle sommer baie spelers opgelewer het vir vanjaar se WB-toernooi in Japan, wat volgende week afskop. Hy roem homself ook daarop dat die Pro14-reeks die meeste spelers vir die Britse en Ierse Leeus oplewer.

“Ons sit met goeie spanne en altesaam 115 spelers uit die Pro14-reeks wat nou aan die Wêreldbeker-toernooi gaan deelneem. Ek dink daarom die reeks is uitstaande, of hoe?” vra Jordan.

Dermott Rigley, die kommersiële direkteur van die reeks, sê hoewel daar sprake was dat die reeks uitgebrei gaan word met twee bykomende Suid-Afrikaanse spanne, word dit nog ondersoek.

Vroeër is gesê dat die Pumas en Griekwas dalk betrek kan word.

* Intussen het die Cheetahs ’n lys name bekend gemaak van spelers wat Maandag vir Pro14-oefening in Bloemfontein moet aanmeld.

Hul eerste wedstryd is op 27 September teen die Glasgow Warriors in die Toyota-stadion.

’n Paar van die Curriebeker-spelers sal eers Woensdag by die oefengroep aansluit, terwyl die haker Jacques du Toit hom by die Kings gaan aansluit.

Chris Massyn en Duncan Saal sal onderskeidelik op 1 Oktober en 1 November aanmeld. Hulle het las van beserings.

Aranos Coetzee en Ruben de Haas verteenwoordig Namibië en Amerika by die WB-toernooi en sal eers daarná oorweeg word.

Die groep wat Maandag oefen is: Adriaan Carelse, Aidon Davis, Ali Mgijima, Anthony Volmink (Griekwas-leenspeler), Aya Oliphant, Boan Venter, Carel Jan Coetzee, Charles Marais, Chris Smit (nuwe speler), Conan le Fleur (o.21), Craig Barry (nuwe speler), Daniel Maartens, Dian Badenhorst, Eduard Davids (o.21), Francois Agenbag, George Whitehead (Griekwas-leenspeler), Gerhard Olivier, Gunther Janse van Vuuren, Jannus Venter (o.21), JP du Preez, JW Meads, Keanan Murray (albei o.21), Luan de Bruin, Lubabalo Dobela (o.21), Malcolm Jaer, Nathan Jordan (o.21), Oupa Mohoje, Rabs Maxwane, Reinach Venter, Rewan Kruger (o.21), Rhyno Smith (nuwe speler), Ruwald van der Merwe (o.21), Sias Koen (Griekwas-leenspeler), Sibabalo Qoma, Tapiwa Mafura, Wilmar Arnoldi (nuwe speler).

Klik hier vir die volledige Pro14-bepalings.

Meer oor:  Pro14  |  Cheethahs  |  Kings  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.