Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WB-toernooie nou ‘gender-neutraal’

In ’n poging om geslagsgelykheid verder te bevorder, het Wêreldrugby aangekondig dat die benaming van sy vlagskip-toernooie voortaan “gender-neutraal” sal wees.

Nieu-Seeland se vrouerugbyspan voer die haka uit voor ’n toets teen Australië. Foto: Getty Images

Prakties gesproke beteken dit die Vroue-Wêreldbekertoernooi in 2021 in Nieu-Seeland, sal soos die mans se toernooi vanjaar in Japan voortaan slegs as die “Wêreldbeker-toernooi” bekend staan.

Dieselfde sal ook Wêreldbeker-sewestoernooie in die toekoms geld.

Volgens Wêreldrugby word dié stap gedoen om die profiel van vrouerugby te verhoog vanuit ’n handelsnaam-perspektief.

Dit vorm ook deel van Wêreldrugby se strategiese plan om gslagsgelykheid op alle vlakke van rugby te bevorder. Op raadsaalvlak is daar byvoorbeeld nou 17 vroulike verteenwoordigers, terwyl daar ’n jaar gelede nul was.

Volgens Wêreldrugby is daar sedert 2017 ’n toename van 28% in geregistreerde vrouespelers en neem 2,7 miljoen wêreldwyd aan die sport deel.

Daar word ook beraam dat 40% van rugby se geskatte 400 miljoen aanhangers vroue is. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Wêreldbekerrugby  |  Vrouerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.