Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WB: Skotte moet vinnig ‘sokkies optrek’

Met net drie opwarmingswedstryde oor voor Skotland sy Wêreldbeker-veldtog in September teen Ierland begin, sal dié span sy sokkies blitsvinnig moet optrek.

Die Skotse skrumskakel Ali Price sê sy span se nederlaag teen Frankryk was ’n wekroep voor die Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images

Só het Skotland se kaptein, Stuart McNally, gesê nadat Frankryk hulle die afgelope naweek met 32-3 in Nice afgeransel het.

“Ons het nog drie wedstryde oor en dan speel ons teen Ierland (in die WB-toernooi), so al ons fokus is daarop om seker te maak dan ons spel reg is teen die tyd wat ons in Japan land.

“Ons het nou darem ’n beginpunt, en sal uiteraard baie moet verbeter. Maar ons het die afgelope twee maande hard geoefen en is fisiek in ’n baie goeie toestand.”

Skotland speel Saterdag in Edinburg ’n tweede keer teen die Franse, waarna hy ook twee keer met Georgië gaan kragte meet.

Die Skotse skrumskakel Ali Price sê die nederlaag teen die Hane was ’n wekroep vir die spelers voordat Gregor Townsend (afrigter) sy finale groep van 31 aanwys.

“Jy moet wys hoe graag jy WB-toernooi toe wil gaan. Nie baie mense kry daardie geleentheid nie. Jy moet vir elke krummel besit veg in ’n wedstryd. Hierdie is ’n les dat jy nie net by ’n WB-toernooi gaan opdaag en so ver vorder as wat jy wil nie.”

Die Skotte se openingswedstryd in die WB, is op 22 September teen Ierland.

Die wenner en naaswenner in Skotland se groep (A), sal in die kwarteindronde onderskeidelik teen die naaswenner en wenner van die Springbokke se groep (B) speel. – Reuters

Meer oor:  Stuart Mcnally  |  Frankryk  |  Skotland  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.