Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WB-slagspreuk laat Japan meeste gons
Michael Leitch, kaptein van Japan se rugbyspan (regs), troos ’n spanmaat nadat hulle in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi teen Suid-Afrika verloor het. Foto: Getty Images

“Een Span”, die slagspreuk van Japan se geskiedkundige veldtog in vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi, is aangewys as dié land se gonswoord vir 2019.

Die slagspreuk is gebruik in die lig van die groot gros spelers en lede in die afrigtingspan wat van ander lande kom en vir Japan speel.

Die gasheerspan, wat deur die Nieu-Seelander Jamie Joseph afgerig word, het spelers van sewe verskillende lande gehad.

Japan het die harte van miljoene mense regoor die wêreld gewen toe hy die eerste keer in die geskiedenis van die toernooi tot die kwarteindstryd deurgedring het en in die proses met spanne soos Skotland en Ierland afgereken het.

Japan het ook met Rusland en Samoa klaargespeel in sy ander groepwedstryde.

Joseph en die inspirerende kaptein, Michael Leitch, ’n Nieu-Seelander van geboorte, het deurgaans na die kosmopolitaanse samestelling van die span verwys as een van die kernredes waarom die span so goed vaar.

Van die ander nuwe gonswoorde op die uitgewer Jiyukokuminsha se lys, is: “Glimlaggende Aspoester” en “Shibuko”, albei byname wat vir die vroue-gholfspeler Hinako Shibuno gegee is.

“Tapieroe”, ’n werkwoord wat gebruik word vir iemand wat die land se gewilde vonkeltee-koeldrank drink, verskyn ook op dié lys. – Reuters


Meer oor:  Jamie Joseph  |  Michael Leitch  |  Japan  |  Wêreldbekerrugby  |  Gonswoord  |  Slagspreuk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.