Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WB vir vroue kry binnekort ekstra spanne
Nieu-Seeland is in 2021 gasheer vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi vir vroue. Foto: Getty Images

Die Wêreldbeker-toernooi vir vroue sal in 2025 van 12 tot 16 rugbyspanne uitgebrei word.

Dié besluit is vroeër vanjaar deur Wêreldrugby se Wêreldbeker-raad geneem en Maandag bevestig, met Bill Beaumont, die liggaam se voorsitter, wat dit as ’n “mylpaal-oomblik” vir die vroue se spel bestempel het.

“In 2017 het ons ’n ambisieuse agtjaar-plan uitgestippel om die ontwikkeling van vrouerugby te bevorder. . . en ’n ambisie om die aantal spanne te vermeerder wat aan groot toernooie deelneem,” sê Beaumont in ’n verklaring.

“Ons het in die laaste paar jare gesien dat meer spanne hul merk maak op die internasionale verhoog en nasionale unies doen al meer om hulle hoëprestasie-programme vir vroue te ontwikkel.

“Die uitbreiding van die Wêreldbeker-toernooi skep meer geleenthede vir spelers op die hoogste vlak en dien as ekstra motivering vir unies wêreldwyd om aan te hou om in hul programme vir vroue te belê.”

Volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue, die negende sedert die eerste in 1991 gehou is, sal deur Nieu-Seeland aangebied word. Dit word van 18 September tot 16 Oktober beslis.

Die Kiwi’s is die verdedigende kampioene. Hulle het die WB al vyf keer gewen.

Die bodproses om die WB in 2025 aan te bied, begin in Februarie en die gasheerland sal aangewys word nadat Wêreldrugby se raad in Mei 2022 gestem het. – Reuters

Meer oor:  Wêreldbekerrugby  |  Vrouerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.