Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WB vir vroue straks weens C-19 uitgestel

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi vir vroue wat gereël is later vanjaar in Nieu-Seeland gaan straks weens die onsekerheid rondom die Covid-19-pandemie uitgestel word.

Jacques Nienaber, afrigter van die Springbokke, verduidelik in ’n oefensessie vroeg in Februarie in Stellenbosch aan ’n paar vrouespelers wat hy van hulle verwag. Foto: Gallo Images

Wêreldrugby het in ’n verklaring bekend gemaak dat hy die voorstel gemaak het en sal aanbeveel dat die toernooi, wat tussen 18 September en 16 Oktober beslis moet word, eerder tot 2022 uitgestel word.

Die raad van die Wêreldbeker-toernooi en die uitvoerende komitee van Wêreldrugby, wat onderskeidelik op 8 en 9 Maart sal vergader, sal die aanbeveling oorweeg.

Luidens ’n verklaring van Wêreldrugby is die aanbevelings gegrond op onder meer die onsekerhede wat heers rondom Covid-19 – wat ook beteken dat die spanne nie ten volle vir die toernooi kan voorberei nie.

“Wêreldrugby kan spanne, Nieu-Seelanders en die internasionale rugbygemeenskap verseker dat die aanbeveling om die toernooi uit te stel sal help om te verseker dat die Wêreldbeker vir spelers, ondersteuners en die rugbyfamilie iets sal wees om te onthou.”

Ter plaatse is ’n oefengroep van die Springbok-vrouespan reeds sedert Januarie in Stellenbosch ter voorbereiding vir die toernooi aan die sweet.

In ’n poging om die Bok-vroue so goed moontlik vir die toernooi voor te berei, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie in die laaste weke grofgeskut nadergetrek om die span met sy voorbereiding te help.

Afrigters soos die Springbok-breier, Jacques Nienaber, en die agterlynafrigter van die nasionale manspan, Mzwandile Stick, het gaan insette lewer.

Suid-Afrika bevind hom in dieselfde groep as Engeland, Frankryk en Fidji vir die toernooi in die land van die Silwer Varing.

Intussen het die Nieu-Seelandse regering aangedui dat hy steeds toegewyd is om gasheer vir die toernooi te wees, selfs al word dit eers in 2022 beslis, berig Reuters.

Sedert die eerste Wêreldbeker-toernooi vir vroue in 1991 beslis is, was die Kiwi’s die span wat die meeste sukses behaal het. Hulle het die toernooi vyf keer gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Springbok-Vroue  |  Nieu-Seeland  |  Covid-19  |  Vrouerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.