Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wed gerus weer op Crusaders in Aotearoa-reeks
Scott Robertson, hoofafrigter van die Crusaders, Woensdag aan stuur van sake in die opbou tot Vrydag se ontmoeting met die Highlanders in die Superrugby Aotearoa-reeks. Foto: Getty Images

Die Crusaders sal na verwagting nogmaals die pas aangee wanneer Nieu-Seeland se Superrugby Aotearoa-reeks die naweek begin.

Daar is ook ’n paar reëlveranderings wat op die proef gestel word in ’n kompetisie, wat hopelik vanjaar minder Covid-19-ontwrigting sal hê.

Die Crusaders het die eerste Aotearoa-kompetisie verlede jaar gewen nog voordat die laaste wedstryd gespeel is, wat dié span se afrigter, Scott Robertson, ’n vierde opeenvolgende titel gegee het ná ’n driekuns in die volwaardige Superreeks.

Hoewel die span van Christchurch se diepte getoets sal word nadat beserings die senter Braydon Ennor en haker Andrew Makalio se deelname aan die reeks beëindig het, het die Crusaders steeds verskeie All Blacks in die groep.

Daar sal vanjaar doellyn-inskoppe en kapteinsverwysings wees, innovasie wat by die Australiese rugbyliga geleen word.

Die doellyn-inskop is verlede seisoen in die Aussies se Superrugby AU-kompetisie getoets, plaas van om spel van die kwartlyn te hervat.

Daar word met die reël gehoop dat dit spanne sal aanmoedig om teenaanvalle te loods.

Die All Black-losvoorspeler Ardie Savea voer vanjaar die Hurricanes aan. Foto: Getty Images

Nog ’n proefneming is kapteins wat elk een kans kry om ’n skeidsregter of TV-skeidsregter te vra om te kyk na ’n moontlike oortreding wat begaan is in die aanloop tot ’n drie of vuilspel wat plaasgevind het.

Sou die kaptein in die kol wees met sy versoek, behou hy sy kans, maar as dit nie bo alle twyfel is nie, verloor die span die verwysing.

Hoewel Nieu-Seeland grotendeels vry van die koronavirus is, word daar verwag dat dit steeds ’n impak op die kompetisie kan hê.

Die Blues is vol vertroue dat hulle vanjaar die Crusaders kan onttroon, maar hulle sal dit sonder die All Black-spelskepper Beauden Barrett, wat nou in Japan speel, moet vermag.

Die Hurricanes word die seisoen deur Ardie Savea gelei, met die ervare skrumskakel TJ Perenara wat nie meer vir die span beskikbaar is nie.

In die eerste ronde kom die Highlanders Vrydag tuis teen die Crusaders te staan, terwyl die Hurricanes die Blues ontvang.

Die Chiefs, wat verlede jaar nie ’n enkele wedstryd kon wen met Warren Gatland as nuwe afrigter nie, het ’n loslootjie die eerste naweek.

Met Gatland wat vertrek het om te fokus op vanjaar se toer van die Britse en Ierse Leeus, sal Clayton McMillan intussen in beheer wees by die Chiefs.

Dié span begin sy aanslag op 5 Maart met ’n tuiswedstryd teen die Highlanders. – Reuters

Meer oor:  Highlanders  |  Blues  |  Crusaders  |  Hurricanes  |  Superrugby Aotearoa  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.