Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wegner sien uit om saam met White te werk
Die Cheetah-slot Carl Wegner sluit hom na afloop van die Pro14-reeks by Verblitz in Japan aan. Foto: Gallo Images

Hy het nog nie eers blad geskud met Jake White wat eersdaags sy nuwe afrigter by die Japanse klubspan Verblitz gaan wees nie.

So sê die Cheetah-slot Carl Wegner wat ’n kontrak van twee jaar met dié Japanse topliga-klub gesluit het.

Hy en sy vrou, Berenice, en seuntjie Janko, wat verlede Woensdag gebore is, klim na afloop van die Pro14-reeks op die vliegtuig Japan toe.

Wanneer presies hy by sy nuwe span inval, is nog nie duidelik nie, maar hy en sy gesin is gereed vir die nuwe avontuur.

“Ek ken Jake van g’n kant af nie. Ek het nog nie eers sy hand geskud nie. Maar wat ek van my pêlle by Montpellier – toe hy nog daar afgerig het – gehoor het, is net goeie goed.

“Ek sien daarna uit om saam met hom te werk en ek hoop ek kan onder hom ’n beter speler word,” sê Wegner oor die voormalige Springbok-afrigter.

Wegner sê hy en sy vrou praat al ’n geruime tyd oor ’n moontlike skuif oorsee.

“Die besluit om in Japan te gaan speel, kom al lank, so dit is nie asof dit oornag gebeur het nie. Ek en my vrou het altyd gesê ons wag so ’n bietjie, en nou dat die kleintjie hier is, is dit ’n goeie tyd vir ’n nuwe begin.

“Ek het niks teen iemand by die Vrystaat nie, hulle het my net goed behandel. My pa (Callie) het immers vir die Vrystaat gespeel en my hart sal maar altyd by die Vrystaat wees,” sê Wegner oor sy vertrek.

Ek ken Jake van g’n kant af nie. Ek het nog nie eers sy hand geskud nie. Maar wat ek van my pêlle by Montpellier – toe hy nog daar afgerig het – gehoor het, is net goeie goed
Carl Wegner

“My besluit om weg te gaan, was eenvoudig ’n lewens- en toekomsgerigte besluit en niks anders nie.”

In hierdie stadium is daar nie onmiddellike planne om na Suid-Afrika te terug te keer nie, maar Wegner sê hy dink vir eers nie verder as sy twee jaar in Japan nie.

“Dis nog vroeg en ons gaan dit maand vir maand en jaar vir jaar neem en kyk wat daarna gebeur. Dit is ’n goeie geleentheid wat na ons kant toe gekom het (om ’n lewe in Japan te begin) en ons gaan dit gebruik,” sê Wegner.

Hy het ook tussen 2012 en 2014 vir Stade Francais in Frankryk gespeel.

* Die senter Clinton Swart het bevestig dat hy vandeesweek nog sy kontrak met Verblitz kan finaliseer, maar hy gaan beslis Japan toe. Hy sal vir ses maande daar speel voordat hy na Bloemfontein terugkeer.

* Die slot Reniel Hugo sê hy het aanbiedinge van verskeie klubs ontvang, maar dat niks nog finaal is nie. “Ek het nog nêrens geteken nie,” sê Hugo, wat ook met ’n skuif na Verblitz verbind word.

Meer oor:  Clinton Swart  |  Jake White  |  Verblitz  |  Reniel Hugo  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.