Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wegner waarsku teen ‘slim’ White

Jake White het altyd een of ander plan wat hy in die mou voer, waarsku Carl Wegner, slot en waarnemende kaptein van die Vrystaat-Cheetahs.

Hy het by Verblitz in Japan te doen gehad met White, wat nou die Blou Bulle brei.

Carl Wegner sê die Cheetahs moes hul lynstaantekens verander omdat een van hul voormalige spanmaats, Walt Steenkamp, nou vir die Bulle speel. Foto: Gallo Images

Die Vrystaters begin hul Curriebeker-rugbyreeks Saterdag in Pretoria teen die Bulle, wat die bordjies wil verhang nadat hulle hul enigste nederlaag in die Superrugby Unlocked-reeks teen die Cheetahs gely het.

“Jake het altyd ’n plan, dit is wat hom ’n afrigter van gehalte maak. Hy is nie bang om ’n plan in die mou te voer nie,” sê Wegner van sy voormalige breier.

Hy waarsku dis ook altyd iets slim waarmee die voormalige Bok-breier vorendag kom.

White weet wat sy swak punte is en hy sal daaraan werk.

Wegner sê ook omdat Walt Steenkamp (wat met hul oorwinning oor die Bulle nog sy slotmaat was) nou by die Bulle aangesluit het, moes hulle uiteraard ’n paar dinge wysig wat die lynstane betref.

Die Bulle het boonop vir Sintu Manjezi, nog ’n voormalige slot van die Cheetahs, in hul geledere op die plaasvervangersbank.

Die Bulle het in die vorige wedstryd in Bloemfontein, waar hulle met 17-19 verloor het, veral in die tweede helfte begin momentum kry met hul kragtige agttal.

Dieselfde agttal, met die uitsondering van Steenkamp, is verlede naweek op Nuweland teen die Westelike Provinsie ingespan.

Wegner sê ’n wedstryd teen die Bulle is maar altyd ’n “voorspeler-wedstryd” en dat hulle hulself staal daarvoor.

Hy verwag sterk dryfwerk van die tuisspan.

“Hulle het baie vertroue in hul drywe.”

Wegner sê die Bulle het baie selfvertroue ná hul klompie goeie vertonings die afgelope ruk en dat hulle op ’n goeie plek is.

“Ons moet reg wees om hul drywe te stop,” sê Wegner, wat nie wegskram as dinge begin warm raak voor nie.

Wegner is met die oorgangsfase by die Vrystaters een van net drie oorblywende spelers in die agttal wat die Bulle vroeër geklop het.

Die nuwe agtsteman, Jeandré Rudolph, iemand wat self nie terugstaan nie, ken dalk ook nog van die Bulle se geheime ná sy proesel Superrugby by hulle.

Meer oor:  Cheetahs  |  Bulle  |  Carl Wegner  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.