Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wen belangrik, ondanks 15 Bok-skuiwe
Jesse Kriel dra Saterdag die Springbokke se nr. 13-trui teen Argentinië op Loftus. Foto: Gallo Images

Vyftien veranderings is dalk ’n waagstuk, maar dit beteken nie dat wen in Saterdag se Wêreldbeker-slyptoets in Pretoria teen Argentinië minder belangrik is nie.

Só sê Rassie Erasmus, afrigter van die Bokke.

“Die uitslag is beslis belangrik. Dit is ons laaste wedstryd in Suid-Afrika voor die Wêreldbeker-toernooi en ons wil hê die mense moet ons kom ondersteun.”

Die wedstryd teen die Poemas is op die keper beskou nie veel meer as ’n laaste kans om WB-kandidate op die proef te stel nie.

Dit verduidelik ook die 15 veranderings aan die Bok-beginspan wat Saterdag in Salta korte mette van Argentinië gemaak het in die Rugbykampioenskap.

Die gevaar is ook dat spelers Saterdag op Loftus Versfeld met solo-pogings kan probeer om Erasmus te oortuig.

Die spelers weet hulle moet eerstens spanspelers wees. Dit word bo werksverrigting, vaardighede, X-faktor en al die ander goed gestel.
Rassie Erasmus

“Nee, die spelers weet hulle moet eerstens spanspelers wees. Dit word bo werksverrigting, vaardighede, X-faktor en al die ander goed gestel. Ek glo die ouens sal as ’n span saamspeel,” sê Erasmus.

Die buitesenter, Jesse Kriel, een van sewe Bulle in die 23-tal, sê die span is merendeels in dieselfde situasie as in die week voor die toets teen die Wallabies in Johannesburg.

Suid-Afrika het dié toets oortuigend 35-17 gewen en Kriel voorspel dat daar nie te veel haakplekke sal wees teen die Argentyne nie.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - JULY 20: Andre Esterh
André Esterhuizen. Foto: Gallo Images

“Ek het gedink ons kombinasies het goed gewerk in daardie toets. Spelers soos S’bu (Nkosi) en André (Esterhuizen) het goed gevaar op die aanval.

“Ons het al so baie tyd saam met mekaar in die groep gehad en dit is ’n baie mededingende omgewing. Ek dink dit wys op die veld.”

Kriel sê daar is die afgelope paar weke ’n hoë standaard gestel en die “nuwe” Bokspan sal ten alle koste daaraan wil voldoen.

“Jy kan dink, daar is baie spelers in die span wat brand om te speel. Almal in die groep het regdeur die Rugbykampioenskap die verantwoordelikheid gehad om goed te vertoon en ’n rol te speel en die naweek sal nie ’n uitsondering wees nie.

“Die ouens druk mekaar baie hard en ek glo almal se fiksheid en vaardighede het verbeter.”

Kriel en Esterhuizen, die Bokke se senterpaar teen die Wallabies, lyk in die stadium na Erasmus se tweede keuse in die middelveld.

Lukhanyo Am en Damian de Allende is in die binnebaan om op 21 September te begin teen die All Blacks in dié spanne se WB-groepwedstryd in Jokohama.

Meer oor:  Rassie Eramus  |  Andre Esterhuizen  |  Jesse Kriel  |  Pretoria  |  Loftus Vers­Feld  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby  |  Poemas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.