Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wêreldrugby bekyk scenarios vir Julie-toetse
Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby. Foto: Getty Images

Wêreldrugby ondersoek verskeie scenarios wat ’n impak mag hê op Julie se toetsreekse nadat die Covid-19-pandemie die sportwêreld in chaos gedompel het.

Bill Beaumont, voorsitter van die beheerliggaam, sê daar word gekyk na maniere om die skedule “optimaal te benut” sodra dit veilig is om na die speelveld terug te keer.

“Ons belangrikste en eerste verantwoordelikheid is om die gesondheid en welstand van die rugbygemeenskap te verseker en diegene wat behoeftig is te ondersteun,” sê Beaumont in ’n verklaring.

“Dit is gerusstellend om te sien al die betrokke partye is verenig deur ’n gemeenskaplike doel in hierdie voorlopige gesprekke.”

Die samesprekings het gekyk na finansiële risiko’s asook geleenthede om die “rugbyskedule te optimaliseer”.

Nog geen van die internasionale unies het hul Julie-toetsreekse gekanselleer nie en Beaumont sê Wêreldrugby ondersoek alle moontlikhede.

“Volgens die jongste aanduidings gaan die impak van die Covid-19-pandemie op die publiek en sportbyeenkomste nog vir baie weke voortduur, miskien selfs maande.

“Hierdie produktiewe vergadering was ’n belangrike stap om hierdie globale probleem saam te plettervat in die beste belange van alle belanghebbendes.”

– Reuters

Meer oor:  Bill Beaumont  |  Koronavirus  |  Toetsrugby  |  Wêreldrugby  |  Superrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.