Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wêreldrugby kap Franse oor vuilspel
Rugby World Cup trophy (File)

Wêreldrugby het Saterdag gekap na die Franse Rugbyfederasie omdat dié beheerliggaam die proses om die gasheerland vir die 2023-Wêreldbekertoernooi aan te wys, probeer verdag maak.

Wêreldrugby het in ’n verklaring gesê die aantygings deur die Franse is “ongegrond en onakkuraat”.

“Wêreldrugby volg ’n deursigtige en professionele proses,” lui die verklaring.

Die herrie volg nadat Suid-Afrika die afgelope week as voorkeurland vir die skouspel aangewys is.

Die voorkeur wat aan Suid-Afrika gegee is, het Frankryk en Ierland, wat ook op die kortlys is, met ’n anti-SA veldtog laat begin in ’n poging om die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se bod skade te berokken.

Die twee lande het die misdaadsituasie in die land gebruik om Suid-Afrika in ’n negatiewe lig te stel.

Ierland het ander lande gewaarsku dat die toernooi, indien dit aan Suid-Afrika toegeken word, voor halfvol stadions gespeel sal word.

Die gasheerland word op 15 November aangewys.

Die invloedryke Franse dagblad Midi Olympique het Vrydag op sy voorblad geskryf van “ ’n Wêreldbeker vol vrees”, met ’n gepaardgaande foto van ’n polisieman wat met rubberkoeëls op betogers skiet.

Die Franse dagblad Midi Olympique het op sy voorblad geskryf van ’n "Wêreldbeker vol vrees”, met ’n foto van ’n polisieman wat met rubberkoeëls op betogers skiet.

Midi Olympique het ook ’n foto van die gewese Sharks-senter Paul Jordaan gebruik wat “stop plaasmoorde” op sy hand geskryf het.

Die veldtogte teen Suid-Afrika word gevoer in ’n poging om die finale aanwysing te beïnvloed.

Suid Afrika het die hoogste telling van die drie kandidate gekry met 78,97%, terwyl Frankryk 75,88% en Ierland 72,75% behaal het.

Die Ierse eerste minister, Leo Varadkar, het op besoek aan Seattle, VSA, gesê daar bestaan ’n groot moontlikheid dat Suid Afrikaanse stadions “halfvol” sal wees.

Frankryk se rugbybaas, Bernard Laporte.

“Ons wil ’n toernooi sien waar daar in vol stadions voor rugbygemeenskappe in stede gespeel word, eerder as in groot sokkerstadions aan die buitewyke van stede wat halfleeg sal wees.”

Frankryk beskou die komitee se verslag as “nonsens”.

Bernard Laporte, voorsitter van die Franse Rugbyunie (FFR), het teen die beheerliggaam en die komitee uitgevaar omdat hulle vir Frank­ryk laer punte toegeken het as Suid Afrika.

Laporte beskuldig die ­liggaam daarvan dat die verslag wat voorgelê is “amateuragtig” en “agterlosig” is en sê die komiteelede was “onbevoeg” om die taak te behartig.

Meer oor:  Bernard Laporte  |  Frankryk  |  Wb-Bod  |  Bod  |  Wereldbeker  |  2023  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.