Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wêreldrugby kom tot Aussies se redding

Rugby Australië (RA) het ’n bedrag van $9,1 miljoen van Wêreldrugby ontvang, wat hom deur die Covid-19-krisis moet help.

RA sê in ’n verklaring die reddingsboei sal hom “sekerheid” in die volgende 12 maande gee en toelaat om sy 2019-boekjaar af te sluit nadat sy ouditeur dit nie in Maart kon doen nie weens onsekerheid oor sy finansiële volhoubaarheid.

Rob Clarke, waarnemende uitvoerende hoof van Rugby Australië (RA). Foto: Getty Images

“Die fonds en ’n kombinasie van omvattende besnoeiings regdeur RA, gee ons nou stukrag op kort termyn om deur die pandemie te werk, maar dit los nie al ons probleme op nie,” sê Rob Clarke, waarnemende uitvoerende hoof van RA.

“Die raad (van RA) werk steeds deur planne om die organisasie te hervorm en daar is terselfdertyd sleutelgesprekke tussen die spel se aandeelhouers oor rugby se aanbod in 2020.”

Dié aankondiging kom kort nadat Wêreldrugby Vrydag bekend gemaak het dat hy al die Julie-toetse uitstel. Dit is ’n verdere terugslag vir RA se benarde geldsake.

Die Wallabies sou Ierland in twee toetse aangedurf het en Fidji in ’n eenmalige toets.

“Ons het dit verwag en beplan ooreenkomstig om die toetse later in die jaar te speel, sou dit moontlik wees,” sê Clarke.

“Daar word saam met Wêreldrugby na ’n nuwe venster binne die internasionale kalender gekyk om die wedstryde aan te bied.”

RA het ook aangekondig hy het die voormalige televisie- en mediahoof Hamish McLennan as ’n direkteur en voorsitter van sy raad aangestel. McLennan sal op 15 Junie, wanneer die raad weer vergader, by Peter Wiggs, wat minder as ses weke ’n direkteur was, oorneem.

Hy vervang ook die tussentydse voorsitter, Paul McLean, wat in die rol gedien het nadat Cameron Clyne in Februarie bedank het.

“Hamish is al lewenslank ’n rugbyman en hy is passievol oor die spel,” sê McLean in ’n verklaring.

“Sy onmiddellike fokus sal daarop wees om die spel in die volgende paar maande in die regte rigting te stuur en die rugby-ekonomie te hervorm om ’n volhoubare toekoms te verseker.”

Raelene Castle het verlede maand as RA se uitvoerende hoof bedank nadat die raad vertroue in haar leierskap verloor het.

McLennan is ’n voormalige direkteur van Australië se uitsaaier Network Ten en ’n uitvoerende adjunkpresident van die mediagroep News Corp. – Reuters

Meer oor:  Finansiële Hulp  |  Koronavirus  |  Rugby Australië  |  Wêreldrugby  |  Reddingsboei  |  Covid-19  |  Ra  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.