Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wêreldrugby teen ‘Virus-beker’ gekant

Wêreldrugby het ’n voorstel afgekeur vir ’n nieamptelike Wêreldbekertoernooi volgende jaar wat daarop gemik is om die sport se finansies ’n hupstoot te gee.

Die voorgestelde “Coronavirus Cup of World Rugby” sou die Britse en Ierse Leeus se toer volgende jaar na Suid-Afrika in die gedrang stel. Foto: Getty Images

Rugby tel onder die oorgrote sportsoorte wat ’n gevoelige slag toegedien word deur die onderbreking weens die Covid-19-pandemie.

Francis Baron, voormalige grootbaas van die Engelse Rugbyunie, het ’n voorlegging gemaak vir ’n toernooi wat oor ses weke deur die wêreld se voorste 16 spanne beslis word en in Brittanje en Ierland sal plaasvind. Volgens Baron kan dit tot £250 miljoen oplewer wat dan tussen die deelnemende unies verdeel word. Hy het in sy voorlegging voorlopig na die toernooi as die “Coronavirus Cup of World Rugby” verwys.

Maar sy voorstel blyk doodgebore te wees.

“Wêreldrugby is nie van plan om so ’n voorstel na te jaag nie,” sê die beheerliggaam in ’n verklaring.

“Alle belanghebbendes is deurlopend in produktiewe gesprekke oor die strategie rakende finansiële verligting in hierdie ongekende tye en oor maniere om die internasionale rugbykalender te optimaliseer. Albei gesprekke het ’n oog op die bevordering van die sukses van die Wêreldbekertoernooi in Frankryk in 2023.”

Baron se voorstel sou die Britse en Ierse Leeus se toer volgende jaar na Suid-Afrika in die gedrang stel, ’n groot terugslag vir die Springbokke en rugby in dié land as ’n geheel. ’n Reeks tussen die Britse Leeus en die Wêreldkampioen is boonop ’n watertandvooruitsig en goud werd vir die sport soos hy die wêreld se aandag op hom wil vestig wanneer hy begin herbou ná die onderbreking weens die Covid-19-pandemie.

Baron se toernooi sou ook waarskynlik die glans verdof van Wêreldrugby se grootse skouspel, die Wêreldbekertoernooi.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  Wêreldrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.