Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Toetsprogram: Wêreldrugby wil wysig
Brett Gosper, die uitvoerende hoof van Wêreldrugby. Foto: Getty Images

Wêreldrugby ondersteun ’n voorstel om ’n “Wêreldliga” op die been te bring waarin die wêreld se voorste 12 spanne jaarliks teen mekaar sal toetsrugby speel.

Wêreldrugby se uitvoerende hoof, Brett Gosper, het Woensdag gesê dié beheerliggaam sal die plan – wat veronderstel is om die wins te verhoog wat die internasionale spel genereer – ondersteun, mits ’n studie in die uitvoerbaarheid daarvan positiewe uitslae toon.

Dit lyk of dit nou die tyd is om dít te doen en daar is konsensus en ’n wil om te probeer.
Brett Gosper

“Dit maak sin. Dit lyk of dit nou die tyd is om dít te doen en daar is konsensus en ’n wil om te probeer,” het Gosper aan die Sydney-koerant The Daily Telegraph gesê.

Die Wêreldliga sal elke jaar wat nie ’n Wêreldbeker-jaar is nie plaasvind, met die voorste ses spanne uit die Noordelike en Suidelike Halfrond wat mekaar sal aandurf.

Die voorste vier spanne sal mekaar dan in ’n uitklopfase pak, waarna ’n wenner gekroon sal word.

Die Rugbykampioenskap (in die Suidelike Halfrond) en die Sesnasies-reeks (in die Noordelike Halfrond) sal as die eerste deel van die kompetisie dien.

Die tweede deel van die kompetisie sal uit wedstryde tussen spanne van die Noordelike en Suidelike Halfrond bestaan. Dié deel van die reeks sal die bestaande toetsvensters in Julie en November vervang en in die plek van die toere van drie toetse plaasvind.

Die span wat na die suide kom, sal teen drie verskillende spanne speel, maar dit is om te verseker dat elke wedstryd belangrik is en vir iets tel.
Brett Gosper

“Die span wat na die suide kom, sal teen drie verskillende spanne speel, maar dit is om te verseker dat elke wedstryd belangrik is en vir iets tel. Dit maak sake meer interessant vir toeskouers en dit lei tot ’n lewensvatbare produk.”

Volgens The Daily Telegraph kan dié kompetisie reeds in 2020 begin.

Kleiner lande gaan moontlik in dieselfde tipe reeks speel, waar hulle promosie tot die top-12 kan verwerf.

Volgens Gosper sal die Wêreldliga nie enige glans van die Wêreldbeker-toernooi steel nie.

“Dit hou die Wêreldbeker-toernooi as die grootste toernooi, maar spanne kan nou daarheen opbou oor ’n periode van drie jaar.” – Sport24

Meer oor:  Brett Gosper  |  Londen  |  Rugby  |  Wereldrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.