Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wêreldrugby wysig skrumreël
Die posisionering van die haker (in wit) se kop op ’n teenstander se skouer is nou onwettig by die skrums. Foto: Wêreldrugby

Wêreldrugby het in die naam van spelerwelsyn die skrumreël effens aangepas.

Kortom mag voorryspelers nie meer hul kop bo-op teenstanders se skouers plaas tussen die skeidsregter se roepe van “bind” en “set” voor die inslaan nie.

Die reëlwysiging volg op navorsing deur die Nieu-Seelandse en Engelse Rugbyunies, Premiership Rugby en die Rugbyspelersvereniging, wat daarop gedui het dat die reël in sy huidige vorm ’n swaar impak op spelers se ruggrate kan hê.

“Hierdie klein maar belangrike aanpassing van die skrumreël spruit uit baie navorsing en kan op alle vlakke groot voordele inhou vir die welsyn van voorryspelers,” het Wêreldrugby se voorsitter, Bill Beaumont, in ’n nuusverklaring gesê.

Die reëlwysiging is onmiddellik van krag.

Meer oor:  Rugbyreëls  |  Wêreldrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.